Twee beseer toe vragmotor omslaan

Twee mense is Vrydag ernstig beseer toe ’n vragmotor op die N8 naby De Brug in die Vrystaat omgeslaan het. (Foto: VRMED)

Twee mense is Vrydag ernstig beseer toe ’n vragmotor wat graan vervoer op die N8 naby De Brug in die Vrystaat omgeslaan het.

Volgens die VRMED-nooddienste het die vragmotor se buiteband glo gebars.

“By nooddienswerkers se aankoms op die toneel het die bestuurder en ’n passasier met ernstige beserings langs die wrak gelê.

“VRMED-paramedici het albei beseerdes op die toneel gestabiliseer voordat hulle na die Pelonomi-hospitaal [in Bloemfontein] vir verdere behandeling geneem is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Di ·

Dis is van kardinale belang dat vragmotor eienaars hulle voertuie in stand hou. TE veel ongelukke gebeur op die paaie weens hierdie tipe probleme

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.