Twee ‘kamma-dokters’ van Oos-Londen vas

(Foto: Ibrahim Boran/Unsplash)

ʼn Man en sy vrou wat hulle as dokters voorgedoen het, staan in die Butterworth-landdroshof tereg op oortredings van die Wet op Gesondheidsberoepe, bedrog, vervalsing en uitgifte asook geldwassery.

Die Valke se handelsmisdaadondersoekspan en lede van die Butterworth-misdaadintelligensie-eenheid, die polisie se forensiese laboratorium en die Raad op Gesondheidsberoepe het Josiah Kizit (61) en sy vrou Henriette Mukengeshayi (44) vroeër reeds aangekeer.

Kizit het in 2019 ʼn spreekkamer in die Bungalow-winkelsentrum in Butterworth geopen en R250 per konsultasie gevra. Hulle pasiënte was meestal pensionarisse van Butterworth, Dutywa, Ngqamakwe, Willowvale en Centana, het Lwando Zenzile, woordvoerder van die Valke, gesê.

Ander pasiënte het die spreekkamer besoek en glo betaal vir bedrieglike doktersbriewe vir werksdoeleindes.

Die egpaar het ook medisyne voorgeskryf sonder dat hulle die nodige kwalifikasies of lisensies daarvoor gehad het.

Zenzile het gesê die polisie het by die spreekkamer beslag gelê op medikasie en gebruikte spuitnaalde. Die twee se huis in Oos-Londen word ook gefynkam vir leidrade.

Die egpaar is vrygelaat op borgtog van R50 000. Hulle verskyn weer aan die einde van volgende maand in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rose ·

So word die hele volk inhegtenis geneem, maar almal weer op borgtog uitgelaat.

Androclus ·

Kansvatters,niks bang vir tronk nie.Korrupsie is deel van hul lewe.

Kokerboom ·

As ek so na vanne kyk is dit beslis buitelandse kansvatters geklassifiseer as “our people” wat vryelik in die land van melk en heuning toegelaat word!Indien nie dan is daar aan skelmstreke geen grense

Miskruier ·

Ja, nes Bushiri wat hul die hemel belowe as hul, hul beursies leegmaak.

Jakes ·

Het hulle dalk operasies gedoen? Wonder hoeveel van hierdie perverts ”praktiseer” onder ons neuse?

Erika ·

” Patient” Dr : “I am coming for a eye test”
“Doctor” My darling Please remove your clothes…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.