Twee metrobeamptes in Durban doodgeskiet

Argieffoto

Die eThekwini (Durban)-munisipaliteit het Dinsdag sy skok uitgespreek oor die moord op twee beamptes van die Durbanse metropolisie terwyl hulle in Bambayi naby Phoenix, aan diens was.

Fawzia Peer, die stad se adjunkburgemeester, het gesê die beamptes was op lyfwagdiens by ANC-raadslid Sthe Zulu se huis in wyk 52 toe twee mans hulle genader het. Die aanvallers het hul dienswapens geëis en hulle doodgeskiet.

Peer het gesê ʼn beroep word op wetstoepassers gedoen om die oortreders vinnig aan te keer. Die munisipaliteit doen ook ʼn beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom en die polisie te kontak. “Ons betuig ons innige meegevoel met die families en lede van ons metropolisie omdat hulle baie nou saam werk.”

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê twee sake van moord en gewapende roof word deur die Phoenix-polisie ondersoek.

Die Demokratiese Alliansie in eThekwini het sy meegevoel betuig met die kollegas, vriende en families van die metropolisiebeamptes, inspekt. Dladla en konst. Sondo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jakes ·

Vraag is waarom dien metro beamtes as lyfwagte? Puntdiens en verkeerbeheer by niewerkende robotte is hul nêrens te bespeur.

Cherokee ·

Dit is ‘n geldige vraag want hulle verdien salaris wat betaal word deur stadsburgers uit alle plus nog politieke partye, terwyl vir die anc gewerk word. Dit mag interessant wees om daarop te let waarom die adjunk-burgemeester as woordvoerder optree en waarom nie die burgemeester nie.

Marinda ·

Presies my vraag ook Jake’s, nous die diens wapens ook nog gevat? Hier is iets nie lekker nie.

dominee ·

Persoonlike lyfwag pos is n gespesialiseerde werk.
Ek hoop die families van die 2 persone gaan vra waar is dit aangeteken in die
werksbeskruiwing van n Metro beampte.

Gert van Wierdapark ·

Hoeveel van Durban se a en see raadslede het lyfwagte op belastingbetalers se koste.? Stem saam – sien rooi ligte flikker as metrolede moet beskerming dienste bied,!!??

jakes ·

Waarom is mense geskok oor die afskuwelike daad? Moord is meer algemeen as om asem te haal in SA. Indien die moordenaars wel gevang word en gevonnis word, gaan hulle oor n paar maande weer vrygelaat word om hul stokperdjie voort te sit.

Sakkie ·

Ek hoop hulle gaan net so ywerig na plaas moordenaars soek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.