Twee motorfietsryers sterf in Bloemfontein

Die motorfietsongeluk op 6 Februarie 2015 sowat 8 km buite Bloemfontein waartydens twee persone gesterf het Foto: ER24

Die motorfietsongeluk op 6 Februarie 2015 sowat 8 km buite Bloemfontein waartydens twee persone gesterf het Foto: ER24

Twee persone, wat saam op ʼn motorfiets gery het, is Vrydagaand dood in ʼn ongeluk op die N8, sowat 8 km buite Bloemfontein.

“Twee mense, ʼn man en ʼn vrou, het noodlottige beserings opgedoen,” het ʼn woordvoerder van ER24 in ʼn verklaring gesê. “Al twee het op die motorfiets gery.”

Volgens ooggetuies het die persone ʼn vragmotor naby ʼn vulstasie op die N8 getref.

“Hulle is albei op die toneel dood verklaar.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.