Twee sterf by Prasa-depot in Wes-Kaap

(Argieffoto)

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) sê twee mense, onder wie ʼn werknemer en kontrakteur, het Maandag in ʼn ongeluk by sy Soutrivier-depot in die Wes-Kaap gesterf.

“Die twee het hul lewens verloor toe hulle opgeknapte treinwaens getoets het.

“Die bestuur in die Wes-Kaap het noodprosedures geaktiveer toe die voorval plaasgevind het. Ongelukkig het nooddienspersoneel verklaar dat die twee mense dood is.”

Prasa sê die oorledenes se naasbestaandes en kollegas is reeds in kennis gestel en dat hulle die nodige ondersteuning ontvang.

Die betrokke owerhede is ook van die voorval ingelig en ʼn ondersoek is tans onderweg.

“Prasa betreur die sterftes en betuig sy innige meegevoel met die familie en vriende van die oorledenes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.