Twee sterf in botsing op N1

Foto: ER24

Twee mans is Maandagoggend dood toe hul motorfiets op die N1-noord tussen Beyers Naudé- en Malibongwerylaan in Randburg met ʼn insleepvoertuig gebots het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê hulle en ander nooddienste het omstreeks 08:00 op die toneel aangekom en die motorfiets en insleepvoertuig op die noordwaartse snelweg aangetref. Twee mans se liggame het op die suidwaartse snelweg gelê.

Verkeersbeamptes het ʼn paar bane begin sluit terwyl paramedici die mans se toestand ondersoek het. Dit blyk albei is op slag dood.

Die bestuurder van die insleepvoertuig is ook ondersoek, maar hy het ongedeerd daarvan afgekom.

Meiring sê die polisie was op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

riana ·

Ja as mens net sien hoe die tou trokke jaag na die kleinste gebeurtenis dan laat dit mens wonder. Sommer bo oor sypaadjies.
Wat en hoe hulle nie sal ry vir geld nie. Sterkte vir die families van die bikers dink aan julle.

riana ·

Ja die tou trokke ry baie onverskillig. Sterkte aan die bikers se familie.

**anoniem** ·

@Riana, jy moet mooi dink wat jy sê, partykeer is die toutrokke se aankoms die verskil tussen lewe en dood vir iemand wat in ‘n ongeluk was. Glo my ek praat uit ondervinding. Die mense wat toutrokke ry waag soms hulle eie lewens om ander s’n te red. Hulle word beskou as aasvoëls deur die alledaagse mense, maar inderwaardheid is hulle ook maar net mans wat vir hulle families probeer sorg. Kom ons wees nou eerlik, van hoeveel gevalle het jy al gehoor waar ‘n toutrok die dood van iemand veroorsaak het?
#dinkvoorjypraat

Knapie ·

@anoniem, niks fout met @Riana se kommentaar nie. Die insleepdienste is nie ambulanse nie en hulle optrede is in meeste gevalle wat ek beleef het wetteloos en onverskillig.

Vraagteken ·

Anoniem, verduidelik asb vir die mense hoe ‘n toutrok die verskil tussen lewe en dood kan wees? Hulle het geen mediese opleiding nie, maar sal nie huiwer om ander se lewens in gevaar te stel nie.

Onnie ·

Miskien moet hulle die tow truck driver bietjie meer ondersoek – dalk kry hulle iets (wat fout was) …

Veer ·

Ek weet self hoe onverskillig baie ry, maar ek wil terselfdetyd ook noem dat ek al gesien het hoe hulle mense uit brandende voertuie red. Mense, ons moet almal leef en laat leef,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.