Twee sterf in ongeluk naby Delmas-pad

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

Twee mense is vroeg Vrydagoggend in ’n ernstige ongeluk op die R50 naby die Delmas-pad buite Pretoria dood. Weens gure weer het ʼn tweede botsing kort daarna plaasgevind in die verkeersopeenhoping wat die aanvanklike ongeluk veroorsaak het.

Verskeie voertuie was by dié sekondêre ongeluk betrokke.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê paramedici is vroegoggend na die ongelukstoneel op die R50 ontbied. Twee mense het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Nog twee mense is aanvanklik op die toneel vir matige beserings behandel en daarna na ’n hospitaal vir verdere behandeling geneem.

Van Reenen sê gure weer en ’n verkeersopeenhoping het waarskynlik die tweede ongeluk op die R50 tot gevolg gehad. Ses mense is tydens dié ongeluk beseer en is met ambulanse vir verdere mediese behandeling geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eugene ·

Wil nie hoor nie. Drywers moet spoed aanpas volgende weer omstandighede.

christo ·

Digte mis in die Witbank-Ogies-Delmas omgewing veroorsaak gereeld dodelike multi-voeruigongelukke. Ongelukkig is die owerhede nooit pro-aktief nie.
Ek self het vir dertig jaar gereeld in die mis gery en geglo dat jy versigtig bestuur, tot dat ek ‘n noue ontkoming het. Dan besef jy dat jy nie versigtige bestuurder is nie, maar onnosel is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.