Twee mense is dood en nog ʼn persoon is ernstig beseer na ʼn botsing tussen ʼn vragmotor en ʼn motor op die N3 naby Howick.
Volgens ER24 het die bestuurder en passasier in die motor reeds aan hulle beserings beswyk toe hulle op die toneel aangekom het. Nog twee passasiers was in die motor vasgekeer. Die plaaslike brandweer moes meganiese kake gebruik om hulle te bevry. ʼn Vrou is vir ernstige hoof en nekbeserings behandel voor sy en die ander passasier na ʼn plaaslike hospitaal vervoer is. Dit is in die stadium nie duidelik wat die botsing veroorsaak het nie.