Twee sterf toe trein hulle tref

Argieffoto

Twee mans het Sondagoggend noodlottige beserings opgedoen toe ʼn trein hulle in Arbor, Mpumalanga getref het.

“Die twee mans het op die spoor gelê toe paramedici kort voor 08:00 by die toneel opgedaag het,” het Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, gesê. “Albei het ongelukkig noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie. Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.