Brandbestryders is ontbied toe ʼn Duitse herdershond in ʼn boom vasgesit het nadat hy ʼn kat gejaag het.
Lees meerAlles vir Sondag 22 Desember 2019
Somerdae die ideale tyd om saam met die kleinspan uit te span
Hier is ‘n paar idees vir gesinsaktiwiteite dié vakansie.
175 minderjariges oor 80 jaar mishandel
Die Legionaries of Christ, ʼn beskaamde Katolieke orde wat gestig is deur ʼn man wat later as ʼn pedofiel uitgeken is, het erken dat minstens 33 van sy priesters die afgelope 80 jaar minstens 175 minderjariges mishandel het.
Twee sterf toe trein hulle tref
Twee mans het Sondagoggend noodlottige beserings opgedoen toe ʼn trein hulle in Arbor, Mpumalanga getref het.
Man ernstig beseer toe weerlig hom tref
ʼn 47-jarige man het ernstige beserings opgedoen toe ʼn weerligstraal hom in Bethal, Mpumalanga getref het.
10 lekker restaurante met ’n see-uitsig
Die Desember-vakansie is ʼn lekker tyd om nie net vir jouself nie, maar ook vir jou oond ʼn blaaskans te gee.
Wenke vir mooi vakansiefoto’s dié feestyd
Vang só jou familie en vriende perfek vas!
Sesjarige verdrink by Richardsbaai
ʼn Sesjarige meisie het in die see by Richardsbaai in KwaZulu-Natal verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Sondag gesê.
Pa van Namibië vas oor sy seun se moord
ʼn 59-jarige man van Namibië is in Kuilsrivier in die Wes-Kaap in hegtenis geneem in verband met die moord op sy 12-jarige seun.
Vyfjarige sterf in spervuur
ʼn Vyfjarige seuntjie is dood toe hy Saterdagmiddag in spervuur beland het in Drury Court, Lavender Hill in die Wes-Kaap.
Jý is dalk op vakansie, maar misdadigers nié
Die vakansie is ʼn tyd vir terugsit en ontspan, maar maak tog seker veiligheid bly altyd êrens in jou agterkop. Hier is ʼn paar wenke hoe jy kan veilig bly.
50 000 vuurwapens in Nieu-Seeland ingehandig
Owerhede in Nieu-Seeland het Saterdag gesê hul land is ʼn veiliger plek ná eienaars meer as 50 000 vuurwapens ingehandig het toe ʼn verbod op aanvalswapens ingestel is. Kritici meen egter die proses het talle gebreke en baie eienaars versteek onwettig hul vuurwapens.
Texas-vrou sterf toe pitbulls haar verskeur
Drie pitbulls het twee vroue in Houston, Texas in die VSA aangeval. Een van die vroue is dood en die ander het ernstige beserings opgedoen.
Vier vas oor egpaar se moord
Vier verdagtes sal Maandag in die Maphumulo-landdroshof in Ilembe in KwaZulu-Natal verskyn in verband met die grusame moord op ʼn egpaar.
Vraagtekens oor wetsontwerp om regering groter beheer oor skole te gee
Die VF Plus sal versoek dat die sperdatum verleng word vir openbare deelname oor ‘n wetsontwerp wat die minister van basiese onderwys se beheer oor skole versterk.
Geen teken verder van rondloperluiperd
Veldbewaarders in die Krugerwildtuin probeer om ʼn luiperd op te spoor wat vandeesweek in die Berg-en-Dal-ruskamp gewaar is.
Staking ontspoor dalk Kersfees in Frankryk
Reisigers en toeriste in Frankryk het Saterdag gesukkel om hul bestemmings tydens die Kersseisoen te bereik weens voortgesette stakings in die land.
Man sterf toe hy uit hotel val
ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is dood toe hy drie verdiepings ver uit ʼn hotel in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal geval het.
Gedagte vir die dag: Tekens
Die Here sal daarom self vir julle ’n teken gee: ’n Jong vrou sal swanger word en ’n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem. (Jesaja 7:14)