Twee tydens rooftog by supermark doodgeskiet

Foto: Netcare 911

ʼn Man en ʼn vrou is Saterdagmiddag tydens ʼn rooftog by ʼn supermark in Germiston doodgeskiet.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê 11 verdagtes het omstreeks 16:40 op die Spar-supermark op die hoek van Van Dyk- en Heidelbergstraat in Klippoortjie toegeslaan.

“Een van die gewapende verdagtes het glo ʼn vuurwapen op een van die werknemers gerig en op die kluis se sleutels aangedring.” Volgens Makhubele het die werknemer gesê hy het nie die kluis se sleutels nie en is ʼn man en vrou in dié tyd verskeie kere geskiet.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die slagoffers is deur paramedici ondersoek, maar albei is op die toneel dood verklaar.

Die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag kontant uit die supermark gehardloop waarna hulle twee voertuie gekaap het. Die insittendes van die voertuie is beveel om uit die motors te klim en op die grond te lê.

Volgens Makhubele is die verdagtes steeds soek en ondersoek die polisie sake van moord, gewapende roof en kaping.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval word versoek om die Elsburg-polisie by 071 675 6894 of Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

sweis ·

Die rooftogte gebeur net te maklik,ek verstaan hulle is nie bang want sa het nie polisie net moniterende ondersoekers maar die publiek slaan my dronk was niemand gewapen om terug te baklei nie?

Sê maar net ·

Gaan jy jou lewe op die spel plaas vir n ander se geld, indien wel voorspoed. Onthou net hierdie nie n Rambo “movie” nie die rowers het regte skerp punt amminusie.

sweis ·

Ek gaan beslis nie weghardloop of agter my vrou of kinders wegkruip nie as ons lewens in gevaar is gaan ek optree en ek is geen tambo nie net n boer met n ruggraat.

Kaptein ·

Praat is maklik ou. Gaan jy skiet as jou familie naby jou staan?
Soos ek verstaan is een van die oorledenes geskiet net omdat ‘n wapen aan hom gesien is.
Ek ondersteun jou houding – maar die realiteit is dat jy in so situasie eerder moet de-eskaleer eerder as eskaleer.
Ook, gegewe ons wapen wetgewing – is die publiek nie tipies bewapen nie.

fred ·

Sweis, jy praat jou kop se nonsies, jy verskreeu seker die ref op TV ook. Jy klink soos n rusbank superhero.

Hoop ·

Ek het nie meer woorde vir hierdie moordadige mense nie.
Wat moet in ons land gebeur voordat ons President gaan ingryp. Ja en asb vergeet die woord “doodstraf” of bring terug die “doodstraf” want dit gaan nie gebeur nie.

Sarie ·

Hoop jy is 100% in die kol. Die doodstraf gaan nie teruggebring word nie. Net so min gaan Cyril Ramaphoza ingryp. Hy sorg nou vir die ANC maar sal stadigaan plan maak met die paddas.

Erick ·

Sommige sê ons moet belasting boikot. Die beste vorm van betaling boikot sal wees om die land te verlaat. As later gereed is,sit jou paspoort deur die shredder. Dit is tyd om hierdie bosluis te laat uitdroog.

hercu ·

Cyril Ramaphosa commended South Africans and the IEC as millions of people voted for anarchy, farm murders, theft, graft, fraud, vbs, state capture and criminal activities broadly – and now murders just going on and on and on ???????? he and the cANCer organization sit back and laugh as he does on a photo, but one day is one day whereby CR will be accountable for everything that went wrong, including the murders of young children and old people in a cruel and inhuman manner!!

Tito ·

Dis nie verdagtes nie, die regte woord om te gebruik is TERRORISTE

koos ·

Daar moet nie meer op die polisie vertrou word nie as hulle nie n misdaad toneel monitor nie dan ondersoek hulle n saak maar misdaadvoorkoming is nie meer een van hulle take nie .Die publiek sal hulle moet bemagtig om hulself te verdedig en te beskerm.

HF Verwoerd ·

Koos, die polisie kan ook nie orals wees nie. Hulle is nie sieners wat kan in die toekons kan sien, hoe, wanneer en waar misdaad gepleeg gaan word nie.

Margaret ·

Ek kan nie glo dat mense iemand se kosbare lewe sommer so sal neem nie. Skokkend.

Karolis ·

Margaret, die sin maak meer sin as jy mense en iemand met mekaar omruil.

Jaco ·

Cyril, doen dalk eers iets omtrent die misdaad in jou land , want niemand stel belang daaraan om te belê in n land waar anargie uitgebreek het nie!

Helena. ·

Mense as jy jou wapen te voorskyn bring is jy in die tronk. Dit werk mos nou nie vir die wit man nie..jy moet stil bly en wag dat die skoot klap sodat jy kan dood neer val. Dis hoe die koppe werk. Ons vir jou Suid Afrika.

sweis ·

Asumptions, jy doen aansoek vir n wapen lisensie om jouself te beskerm en die wet sê as jou lewe in onmidelike gevaar is mag jy die nodige geweld gebruik.

James ·

Dit hou net nie op nie. Die President het geen belangstelling om land te beveilig nie. Die mense gaan mos maar net weer ANC stem so alles is okey!!!!!!!!

Magaretha van heerden ·

Elke lewe is kosbaar maar in SA is dit nogal belangrik om te weet of dit blankes of swartes is wat slagoffers is. Dit het hier niks met rassisme te doen nie maar net wat werklik gebeur het.

Dries du Toit ·

Natuurlik is dit belangrik om te weet of dit blankes of swartes is. As so iets gebeur wil enige ordentlike mens weet. Is dit my kind, dan is dit my familie, dan is dit my vriende, dan is dit my volk.

BM ·

Dit lyk of minder as 1% krimenele in die tronke sit.
Miskien moet die regering die tronkdeure oopmaak op voorwaarde dat hulle die burgers hulle basiese regte tov. selfbehoud teruggee.
Dan sal gewone mense weet wat om te verwag en wat om te doen.
Die polisie kan dit nie meer doen nie.
Tong -in-die kies, maar dit lyk in elk geval nou of anargie al hoe nader kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.