Twee vas ná inbraak by prof se huis

Argieffoto

Die polisie in Pretoria het min moeite gehad om twee vermeende rowers aan te keer wat na bewering ʼn professor tuis oorval en beroof het.

Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van Sunnyside se polisiestasie, sê die verdagtes het die 61-jarige professor se woning in Muckleneuk, digby Unisa en Tukkies se Groenkloof-kampus, Dinsdagaand doodluiters deur ʼn deur binnegegaan wat die akademikus op die soel aand vir vars lug laat oopstaan het.

Een van die verdagtes, ʼn 19-jarige man wat Mavimbela sê maklik vir ʼn hawelose aangesien kon word, het sy rieme styfgeloop toe beamptes hom Woensdag kort ná 01:00 in Justice Mahomedstraat wakker gemaak het. Hy het op die sypaadjie ingesluimer nadat sy makker vir hom weggery het nadat dié van die toneel gevlug het.

Beamptes het die ander verdagte aangekeer waar hy later Woensdagoggend naby die Shoprite in Sunnyside met van die gesteelde goedere in sy besit gewaar is.

Die polisie het onder meer ʼn skootrekenaar, bankkaarte, R5 000 kontant wat glo uit die slagoffer se rekening getrek is, en bottels whisky teruggekry.

Die verdagtes, glo albei gewoontemisdadigers, sal na verwagting binnekort in Pretoria se landdroshof op aanklagte van huisbraak en die besit van gesteelde goedere voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Santjie ·

Ag daar gaan seker nou net ‘n updated foto geneem word en dan gaan hulle weer voort met hul gewoonte….

PJC ·

Kan iemand nog so dom wees om sy deur oop te los vir vars lug?

Niklaas ·

Weens die verbetering in tronk toestande na hotel standaarde , is dit blykbaar n mikpunt van misdadigers om gearresteer te word. Dan wag lekker woongeriewe , stort , voedsel op jou tot jy vrygelaat word. Tronke moet plekke wees waar mens swaar leef met min gerief , om te dien as afskrikmiddel

Willie ·

Sunnyside is verrot, ek dink on hare sal regopstaan as ons werklik weet wie en wat bly daar…

Lientjie ·

Wat die deur opj ‘n “soel” aand laat oopstaan het. Eish!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.