Twee vas oor lyk by Dieretuinmeer

Die Johannesburgse Dieretuinmeer

Die Johannesburgse Dieretuinmeer

Twee mense verskyn Dinsdag in die Johannesburg-landdroshof weens die moord op ʼn man wie se liggaam verlede week by die stad se Dieretuinmeer opgespoor is.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê die mense is onderskeidelik Vrydag en Saterdag in hegtenis geneem nadat die man, vermoedelik ʼn hawelose wat by die meer geslaap het, dood aangetref is met verskeie steekwonde aan sy liggaam.

Die verdagtes is onderskeidelik 25 en 30 jaar oud en staan tereg op aanklag van moord.

Die polisie het gesê nog verdagtes kan moontlik met die moord verbind word en meer mense kan in hegtenis geneem word.

Die Sowetan het Donderdag berig die hawelose man se liggaam is gevind nadat die man glo in ʼn woordewisseling met ander haweloses by die meer betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.