Twee vas vir moord op Renée Jain

Renée Jain is verlede jaar deur drie aanvallers in haar huis in die De Vierde Liefde-landgoed oorval en vermoor. (Foto: Facebook / Renée Jain)

Twee verdagtes is Woensdag omstreeks 04:20 in verband met die moord op Renée Jain (51) van Wolseley in die Wes-Kaap in hegtenis geneem.

Jain is in Maart verlede jaar deur drie aanvallers in haar huis in die De Vierde Liefde-landgoed oorval en vermoor. Sy was ten tyde van haar dood die bestuurder van ondernemingstoepassing by Cape Union Mart.

Volgens kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het speurders verbonde aan die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad ʼn opsporingsoperasie in hul soektog na Jain se moordenaars uitgevoer. Dit het hulle in die vroeë oggendure na Tulbagh in die Kaapse wynland gelei waar twee verdagtes in hegtenis geneem is. Die 21- en 23-jarige verdagtes word nou van moord en roof met verswarende omstandighede aangekla.

ʼn Nadoodse ondersoek het onthul dat Jain aangerand en versmoor is.

Haar lewelose liggaam is destyds in haar huis aangetref nadat haar vermeende rowers by haar bure ingebreek het. Die verdagtes het met ʼn Nissan X-Trail van die tweede misdaadtoneel gevlug wat hulle tydens dié rooftog gebuit het.

Die voertuig en ander gesteelde goedere is die volgende dag by die Wolseley-begraafplaas gevind.

“Die noukeurige ondersoek en versameling van forensiese bewyse het die identiteit van die verdagtes onthul. Hulle sal môre [Donderdag] in die Wolseley-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Toy ·

Ek hoop hulle word vir hulle res van hulle lewe toegesluit. Sy het dit nie verdien nie.

Marius ·

So jonk en al klaar moordenaars en rowers. Daar is ‘n vrot toekoms wat op hulle wag…

Hennie Biebouw ·

Bly om te hoor. Sy was ‘n wonderlike mens.
Tussen my en jou dink ek steeds nie hierdie was ‘n “random” moord nie.
Tyd sal waarskynlik leer.

Hennie Biebouw ·

Be careful what you wish for. Wil jy regtig aan ‘n kader besoedelde regstelsel die reg gee om oor jou lewe of dood te besluit?

May10 ·

Ons REGSTELSEL is n grap. Hulle sal onskuldige mense dood maak.

Mariaan ·

So mooi vrou….onskuldig sonder rede vir NIKS sommer net gemoor…hoop hul vrot op in die tronk!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.