Twee wat glo van blindes, dowes steel in hof

Argieffoto. (Foto: Maroela Media)

ʼn Paartjie het eindelik in die Durbanse handelsmisdaadhof verskyn nadat hulle glo miljoene rande van die KwaZulu-Natalse Vereniging vir Blindes en Dowes gesteel het.

Die twee beskuldigdes ontduik die polisie al geruime tyd, maar is eindelik verlede week in Estcourt in hegtenis geneem.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in KwaZulu-Natal, sê Ruvanya Ramiah (30) en Ayush Rambally (31) het na bewering oor ʼn aantal jare meer as R12 miljoen van die vereniging se geld gebuit.

Hulle staan nou tereg op aanklag van bedrog, diefstal en geldwassery.

Veetha Sewkuran, president van die vereniging, sê die aanklagte spruit uit bewerings dat die paartjie tussen 2012 en 2019 miljoene rande van die vereniging gesteel het.

“Ramiah het as die vereniging se finansiële beampte gewerk, terwyl haar man, Rambally, ongemagtigde finansiële uitbetalings van die vereniging ontvang het,” sê Sewkuran.

Die vereniging beweer dat Ramiah onregmatig opgetee het toe sy na bewering geld opsetlik uit die vereniging se bankrekening, ʼn bankrekening wat onder haar beheer is, wanbestee het en sodoende die vereniging uit groot bedrae geld bedrieg het.

Sewkuran het die inhegtenisneming verwelkom en die feit dat die paartjie ook nou hul dag in die hof gaan kry.

“Ek is vol vertroue dat geregtigheid sal geskied.”

Ramiah en Rambally sal op 28 April weer in die hof verskyn wanneer hulle aansoek om borgtog sal doen.

Ruvanya Ramiah (30) en Ayush Rambally (31). (Foto: KwaZulu-Natal Blind and Deaf Society/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JM ·

“The darkest hour in any man’s life is when he sits down to plan how to get money without earning it.”
– Horace Greeley

Delia ·

Wie het die boeke jaarliks afgeteken dat die bedrog sedert 2012 al aan die gang is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.