Twee wil glo omkoop vir ‘brandstofdiewe’ se borgtog

(Foto: Valke)

Twee verdagtes is Dinsdag in Rustenburg, Noordwes, op aanklagte van korrupsie in hegtenis geneem nadat hulle aangevoer het hulle is die regsverteenwoordigers van twee vermeende brandstofdiewe en omkoopgeld aangebied het om die twee se vrylating te verseker.

Die Valke het die twee vermeende diewe Saterdag in hegtenis geneem nadat hulle betrap is waar hulle glo nagenoeg ʼn halfmiljoen rand se diesel uit ʼn ondergrondse pypleiding in ʼn brandstoftenkwa gepomp het. Die polisie het ook op die tenkwa beslag gelê.

Die twee mans wat Dinsdag aangekeer is, het beweer hulle is hierdie twee se regsverteenwoordigers en het die ondersoekbeampte R30 000 aangebied om te verseker hulle word op borgtog vrygelaat. Die beampte moes ook verseker die tenkwa waarop die polisie beslag gelê het, moet vrygestel word, het kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die Valke het ʼn operasie gereël sodat die sogenaamde transaksie kon voortgaan en die twee verdagtes het met ʼn deposito van R5 000 opgedaag.

Albei verdagtes is summier in hegtenis geneem, het Rikhotso gesê. Hulle verskyn na verwagting Donderdag in die Rustenburg-landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

Boetas julle het darem lekker by die ANC geleer! Ook maar lekker stupid!

Niklaas ·

Knap gedaan , Valke ! Dis lekker om van sulke suksesvolle wetstoepassing te lees.

Scalla ·

baie dankie vir die wat nog werktrots het, mag hul almal swaar gestraf word.

Magda ·

Dit is die voorbeeld van die ANC aan die mense van Suid Afrika – so wat het julle verwag. Ek bly hier, omdat ek moet en nie omdat ek wil nie, so die land is NIE my land nie, al is ek hier gebore – SKAAM MY DOOD.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.