Twee vas wat glo diesel steel

(Foto: Valke)

Twee verdagtes is Saterdag in hegtenis geneem nadat hulle glo diesel ter waarde van R480 000 wou steel.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het gesê die twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 34 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat hulle glo betrap is waar hulle diesel uit ʼn ondergrondse pypleiding in Rustenburg in Noordwes probeer steel het.

ʼn Derde verdagte kon daarin slaag om weg te kom. Die verdagtes het glo diesel van die pypleiding in ʼn petroltenker gepomp.

Die Valke asook beamptes van misdaadintelligensie, die blitspatrollie en honde-eenhede was saam met amptenare van Transnet betrokke by die operasie.

Volgens Rikhotso is daar op die petroltenker en ander toerusting beslag gelê. Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Rustenburg-landdroshof verskyn op aanklagte van diefstal en die peuter met infrastruktuur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Nou toe nou….wie kan vertrou word om NET sy werk te doen waarvoor hy BETAAL word….gulsig en gierigheid is hulle ondergang

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.