Toesighoudende bevel oor ivermektien tersyde gestel

Deur Tania Broughton

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Luis Robayo/AFP)

Die Hoogste Hof van Appèl het die toesighoudende gedeelte van ‘n bevel oor ivermektien tersyde gestel. Dit beteken die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) hoef nou nie meer elke drie maande aan die hof verslag te doen oor die stand van sake wat betref enige verwikkelings met ivermektien in die behandeling van Covid-19 nie.

Die tersydestelling van die gedeelte van die bevel het egter geen impak op die res van die bevel nie, wat beteken dat toegang ingevolge art. 14(4) van die wet steeds moontlik is en dat dokters ivermektien aan pasiënte kan voorskryf op eie oordeel en dat pasiënte dié voorskrif kan gebruik om ivermektien aan te koop by enige apteek waar saamgestelde ivermektien beskikbaar is.

Die hofbevel is in April verlede jaar toegestaan.

Die Hoogste Hof van Appèl het wel nou beslis daar was geen bewyse om regter Cassim Sardiwalla se toesighoudende bevel te regverdig nie, dat die geraakte partye nie vir die bevel gevra het nie én dat hierdie partye nie aangehoor is voordat die bevel gemaak is nie. Die regter het ook versuim om redes vir sy besluit te verskaf.

Die saak spruit uit vier aansoeke wat om toegang tot ivermektien gevra het om Covid-19-pasiënte te behandel – onder andere deur die ACDP en AfriForum wat in 2021 ʼn aansoek teen Sahpra gebring het.

Sahpra, wat in daardie stadium versigtig vir die gebruik van ivermektien was, het gesê daar is nie genoeg betroubare navorsing om die doeltreffendheid van die medikasie in die behandeling van Covid-19 te bewys nie. Sahpra het toe ook reeds sy beheerde toegangsprogram om menslikheidsredes vir ivermektien ingestel ná sprake van onwettige ivermektienprodukte op die Suid-Afrikaanse mark.

Die program is in Mei vanjaar gestaak.

Ingevolge dié program is toestemming verleen aan vyf invoerders van ongeregistreerde orale, vasgestelde doserings van ivermektien, om dit in te voer. Gesondheidsfasiliteite is toegelaat om grootmaatvoorraad aan te hou, maar individuele aansoeke was steeds nodig. Sahpra het gesê hy sal die gebruik van die medikasie monitor.

Die ACDP en ander partye het die hof genader om Sahpra te beveel om beperkings te verwyder en “alles nodig te doen om die vervaardiging van ivermektien te reguleer en te verseker” totdat daar kliniese bewyse is dat dit nie doeltreffend in die behandeling van Covid-19 is nie.

ʼn Skikkingsooreenkoms is tussen die partye bereik. Regter Sardiwalla het die skikking ʼn bevel van die hof gemaak en ook ʼn bykomende toesighoudende bevel toegestaan wat Sahpra onder die hof se geregtelike gesag ten opsigte van ivermektien geplaas het.

Sahpra en die minister van gesondheid het aansoek om verlof tot appèl teen die toesighoudende gedeelte van die bevel gedoen, wat deur die appèlhof toegestaan is.

Sahpra het in betooghoofde voor die appèlhof gesê sy appèl het betrekking op die behoorlikheid van die bevel wat ’n staatsorgaan beveel om aan die hof verslag te doen, en onderworpe te wees aan geregtelike toesig waar die dispuut besleg is, en daar hoegenaamd geen bewyse is dat Sahpra en die minister nie die skikkingsooreenkoms sou nakom nie.

“Dit is eenvoudig sonder regverdiging opgelê. Die bevel is ’n ernstige skending van die Grondwet. Dit skend die oppergesag van die reg, die reg op ’n regverdige verhoor en die beginsel van skeiding van magte,” het Sahpra gesê.

Volgens Saphpra het die regter onbehoorlike bevindings gemaak oor aangeleenthede wat nie in die dispuut is nie, terwyl sy skriftelike redes vir die die toesighoudende bevel glad nie as redes beskou kan word nie. Die regter het aangedui dat hy die geraakte partye op 6 April sou aanhoor, maar hul regsverteenwoordiger dieselfde oggend ingelig dat hy reeds ʼn besluit geneem het, en dat die bevel binnekort aan hulle gestuur sal word.

Geen redes het die bevel vergesel nie. Sahpra en die minister het vir redes gevra, maar toe dit verstrek is, het die hof geen melding gemaak van die toesighoudende bevel of hoekom hy dit toegestaan ​​het nie.

Regter Plaskett het gesê die feit dat die bevel nie deur enige party aangevra is nie, vereis dat dit tersyde gestel word. Hy het verder gesê daar was ’n algehele afwesigheid van bewyse om dit te regverdig. Lees die volledige uitspraak hier.

  • Hierdie berig het oorspronklik op GroundUp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Miskruier ·

Almal weet dit het gewerk, deur te lieg, het mense die spuite gevat. Ek sal nooit weer Big Pharma vertrou nie, ek gaan eerder na n homopaat.

Christine ·

Ja, danksy Ivermektien het my 91-jarige moeder Covid oorleef. Danksy Ivermektien het ek en my man nooit in die laaste 2 jaar siek geword nie. Ek is dankbaar dat die hof nou die drakoniese reël tov Ivermektien omgeswaai het.

Misky ·

Stadig maar seker sal al die waarhede uitkom en ons sal net nie weer daarvan hoor nie. Selfde met die tabak reels en toe daar nie wettig sigarette mag verkoop word nie. Was ook ongeldig en geen grondige redes nie en nou is almal net tjoepstil.

Riaan ·

Gaan daar enige stappe gedoen word teen regter Cassim Sardiwalla. Dit wil voorkom asof hy onbevoeg is nie waar nie.

Cherokee ·

Vir my ook ‘n vraag. Mense maak geld deur onvanpaste/onbehoorlike hofuitsprake, sonder ‘n nodige opvolg.

Louis ·

Ek dink nie die probleem hier is of hy onbevoeg is nie. Miskien eerder dalk net korrup.

Christine ·

Presies!!! Omgekoop!?
Hulle gaan ons nie weer so vang nie!!

Pietertjie ·

Klink my die farmaseutiese maatskappye het weereens ‘n buikwind gebaar.

Antie Sarie ·

Is daar wragtig nog mense wat die afgelopwe 30 maande se stories glo?

domheks ·

Het dit gebruik. Nou het ek geen wurms nie en nog minder Covid-19! LOL

VaalDonkie ·

Ons het dit vir my skoonouers ingejaag nadat ons hele huis in Februarie die pes van ‘n siekte onder lede gehad het. Hulle het soos twee ou mense in die bed gele en hoes en snak na asem vir so week lank, maar het darem beter geword. Die res van ons het ook maar bietjie afgetjop, maar darem gevoel Oupa en Ouma het dit die meeste nodig. Verder het ons NAC, allergex, en Disprins gevat en ‘n asmapompie om die lugweg oop te kry. En bietjie brannewyn vir die keelseer.

Jax ·

Ek het ivermectin gebruik en dit werk. As dit nie vir ivermectin was nie, sou ek beslis in ICU beland het. As jy ivermectin reg gebruik, kan jy Daarby baat vind. Daar sou beslis minder sterftes gewees as ons owerhede net nie so geld-behep was nie. Ek wens ons regering wil begin omgee vir die land se mense en dan wil ek nie eens my uitlaat oor die mediese wêreld nie. Absoluut skokkend om te sien, hoor en ervaar wat aangaan in die mediese veld in die algemeen. Alles gaan oor baie geld maak……

Heinrich ·

En toe nou nóg ‘n plek waar die ‘ conspiracy theorists ‘ reg was, wat is die kanse daarvoor… die ministers en mense wat die slang olie verkoop weet mos alles. En durf net teen die naratief ingaan…

Wendy ·

Presies!!!!! Watse navorsing is gdoen tov daai gif wat mense gedwing was in hul werksplekke om te neem , jong mense ??????? Laat ek liewr net hier ophou praat maar laat hulle wat ore het hoor !!!!!

CS ·

Beide ek en my vrou was bevooreg om deur covid te kon werk weens ons beroepe. Ons het die inspuiting gevat. Tenspyte dat my vrou in die mediese bedryf is het nie een van ons of ons kinders covid gekry. En nee ons het nie ivermektien gebruik nie.

Cherokee ·

Wat sê jy eintlik CS? My gesin en ek het nie enige van die alternatiewe geneem nie, net geglo en vertrou, en ons bly gesond.

Christine ·

Wys jou net… Leef gesond, eet reg, oefen en drink jou vitamienes, ACC200 en dergelike medisyne as jy olik begin voel en… Ivermektien as dit erger word.

VaalDonkie ·

‘n Vriend van my (nie inge-gent nie) is Desember 2021 oorlede aan COVID selfs al het hy Ivermectin gevat. Ek dink nie dis ‘n wondermiddel nie. Dit help wel die hiper-aktivering van jou immuunstelsel onderdruk, maar jy moet nogsteeds vinnig speel en ander medikasie ook gebruik. Dis nie ‘n wondermiddel op sy eie nie.

VaalDonkie ·

Nie asof kinders enigiets het om oor te worry nie. En in elk geval keer die spuit nie dat jy COVID kan vang of oordra nie, so dit het niks gehelp om jou kinders veilig te hou nie. Maar wat ookal. Ek is bly julle is oukei. My ma het amper ‘n beroerte gehad van die Pfizer enetjie. Gelukkig was dit ‘n aar in haar oog wat gebars het en dit kon vanself genees. Haar broers wat COVID gehad het, het almal herstel na ‘n rowwe week of twee. Almal leef nog.

VaalDonkie ·

Jip. Alles is ‘n klug. Net verskonings om ons bang te hou sodat ons SMEEK dat hulle nog goed wegvat. Soos vleis, en warm water. En motors. En huise wat van bakstene gebou is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.