‘Reusesege’ in ivermektien-hofsaak

(Foto: Luis Robayo/AFP)

Die burgerregtegroep AfriForum het ʼn hofskikking oor die gebruik van ivermektien Dinsdag as ʼn “reusesege” in die stryd teen Covid-19 bestempel.

AfriForum en dr. George Coetzee, ʼn mediese praktisyn van Pretoria, het hulle tot die hof gewend oor die samestelling en beskikbaarstelling van ivermektien. Die skikking wat daaroor met die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) bereik is, is nou ʼn bevel van die hof gemaak.

Die bevel bepaal onder meer dat medisyne wat ivermektien as aktiewe bestanddeel bevat op 16 Maart vanjaar deur Sahpra geregistreer is. Die gevolg van dié registrasie is dat ivermektien saamgestel mag word en toegang kan daartoe verkry word ingevolge art. 14(4) van die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe 101 van 1965.

Dit bepaal voorts dat toegang tot ingevoerde ivermektien steeds ingevolge art. 21 van die wet mag plaasvind.

AfriForum sê omdat medisyne wat ivermektien as aktiewe bestanddeel bevat nou geregistreer is en ivermektien as ’n skedule 3-middel gelys is, kan dit nou vir ander gebruike as wat op die geregistreerde medisyne se etiket staan (off-label) deur dokters gebruik word. Dit sluit die behandeling van Covid-19 in.

“Toegang ingevolge art. 14(4) van die wet beteken prakties dat dokters ivermektien aan pasiënte kan voorskryf op eie oordeel en dat geen art. 21-aansoek of -rapportering vir saamgestelde ivermektien nodig is nie. Pasiënte kan dan dié voorskrif gebruik om by enige apteek waar saamgestelde ivermektien beskikbaar is, ivermektien aan te koop,” sê Barend Uys, hoof van navorsing by AfriForum.

Coetzee het ook die skikking verwelkom omdat dit “sekerheid” vir dokters en pasiënte bring.

Die regter het bykomend beveel dat Sahpra elke drie maande aan die hof verslag moet doen oor die stand van sake rondom enige verwikkelings met ivermektien.

Die hof het ook beveel dat enige van die betrokke partye die hof regstreeks mag nader om regshulp in verband met die administrasie en toelating van ivermektien as ’n behandeling teen Covid-19.

Uys sê hierdie gedeelte van die bevel het ook nie deel gevorm van die oorspronklike skikking tussen die partye nie.

“Dit is vir almal duidelik dat dit geensins gaan daaroor om geld uit ivermektien te maak nie, dit gaan daaroor om lewens te red,” sê Uys.

Die hof het ook beveel dat Sahpra en die minister van gesondheid, gesamentlik en afsonderlik, altesame R1,8 miljoen tot die koste van die applikante-groepe moet betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ilze ·

Dis die beste nuus in n laaaang tyd!!!!nou hoef ons nie meer diere ivermektien aan te smeer nie. Hoewel dit ook perfek werk dusver.

Jacobus ·

Goed en wel. Waar staan ons mbt die inenting vs Invermectin vir sertifisering vir sogenaamde”paspoorte”.

Francois Le Cochon ·

Goeie nuus vir diegene wat sukkel met inwendige parasiete.

DieKriek ·

En hoe gaan dit ons boere affekteer wat tot dusver vrye toegang gehad het tot ivermectin vir dieregebruik? Moet mens nou n voorskrif kry? Dis n bietjie erg.

annie ·

Dit het vir die Staat om iets heel anders gegaan, soos ook met die entstowwe: Wie gaan baatvind… money… Wie vervaardig dit… money… En hoeveel word gepledge… money…

Vranet ·

Ivermectin voorkom Covid. Waarom word miljoene Rand gemors op ‘n “entstof” wat nie werk nie. Waarom word Ivermectin nie aan die hele volk gegee nie? Dan sal die ondoeltreffende en in baie gevalle gevaarlike of dodelike “entstof” mos nie nodig wees nie.

Danie ·

Wel hierdie sogenaamde wondermiddel kon nie ‘n vriend van my red nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.