Uitspraak ‘oorwinning vir menseregte’ – Ramaphosa

Israel se regspan in die Internasionale Geregshof. (Foto: AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa het die Internasionale Geregshof se beslissing Vrydag as ʼn “oorwinning vir menseregte, internasionale reg en geregtigheid” beskryf.

Die president het die land Vrydagmiddag toegespreek nadat dié hof beveel het Israel moet alle stappe doen om aanhitsing tot volksmoord te “voorkom en te straf”. Die Israelse regering is ook beveel om toegang tot humanitêre hulp en basiese dienste in Gaza toe te laat en moet ʼn verslag by die hof indien oor alle maatreëls wat getref is om uitvoering aan hierdie bevel te gee. Israel is wel nie aangesê om gevegte te staak nie.

Die hof het in sy uitspraak gesê hy neem kennis van die humanitêre krisis in Gaza en is diep bekommerd oor hoeveel mense daagliks hier sterf.

Volgens Ramaphosa bevestig Vrydag se uitspraak Suid-Afrika se reg om Israel hof toe te vat, al is die land nie betrokke in die oorlog tussen Israel en Hamas nie.

“Die Suid-Afrikaanse regering verwelkom die uitspraak en die bevele wat aan Israel gemaak is. Hierdie bevele is bindend en moet gerespekteer word. Ons verwag ook dat Israel, as selfverklaarde demokrasie en ʼn land wat internasionale reg respekteer, die bevel sal gehoorsaam.”

Israel het reeds, in reaksie op die bevel Vrydag, gesê hy sal voortgaan om humanitêre hulp aan mense in Gaza te bied en sy bes doen om te keer dat burgerlikes in die kruisvuur sterf.

“Ons is egter onwrikbaar daartoe verbind om ons land en ons mense te beskerm,” het Benjamin Netanyahu, Israel se eerste minister, gesê.

ʼn Uitspraak oor Suid-Afrika se klag met betrekking tot volksmoord moet egter nog gelewer word. Die hof het wel bevind hy het jurisdiksie om die saak in ag te neem. Suid-Afrika het Israel in Desember daarvan beskuldig dat hy “dade van volksmoord” in Gaza pleeg, met ʼn groter doel om die Palestynse bevolking eindelik uit te wis.

Ramaphosa het Vrydag gesê hoewel die regering Hamas se aanval op Israel op 7 Oktober verlede jaar verdoem het, is Israel se reaksie daarop “disproporsioneel”.

“Ons hoop dat hierdie uitspraak die eerste stap sal wees vir versoening en om ʼn einde aan hierdie krisis te bring.”

Die Europese Unie het intussen in ʼn verklaring gevra dat Israel “onmiddellik” gehoor gee aan die bevel om dade van volksmoord in Gaza te voorkom. Die Europese Unie verwag dat die hof se bevele “onmiddellik, doeltreffend en ten volle ingestel word”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

annie ·

Ja-nee die EU soek nie daai klomp per rubberbootjies op hul strande nie nog minder op hul pleine… Israel sit met ‘n groot probleem want Hamas het aangekondig dat hul Israel wil binnevaar en oorvat. Vrede gaan nie gou in Jerusalem heers nie… sê die Bybel…

Johann ·

Nee nee RamaNocio! Jy praat namens jouself en jou mede anargis terroriste ANC. NIE namens SA NIE! En duidelik lees jy meer in die uitspraak as wat die WAARHEID id! Maar jys so gewoond aan lieg dat jy nie anders kan nie. SHAME ON YOU! Trots op wat in jou eie land wat verval het na ‘n geeeldshool????????

Johann ·

Eie land is ‘n GEWELDSHOOLmaar jy gaan wys vinger na ‘n land wat sy burgers beskerm en boosheid uitroei? Gewetenlose leunaar!!!!!!

Nicky ·

Ou Cyrie jy dink jy het gewen, maar wat die hof gese het, is wat Israel al reeds doen korrelkop

Althes ·

Nou hoekom het SA ook nie die volksmoord van Rusland teen Oekranie gedoen nie?
In beide gevalle is Hamas en Rusland die agressors.

hpven ·

Ou Cyril mens kan egter op verskillend maniere daarna kyk, jou manier wat slegs om politieke asook eie gewin gaan of die realistiese manier om van ‘n wêreldwye terroristiese besmetting ontslae te raak. Nog iets, die ANC praat nie namens my en baie ander in die land!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.