UK-studente beset steeds Bremner-gebou

Betogers buite die Bremner-gebou by die Universiteit van Kaapstad Foto: Carla Bernardo, African News Agency

Betogers buite die Bremner-gebou by die Universiteit van Kaapstad Foto: Carla Bernardo, African News Agency

Studentebetogers het Vrydag gesê hulle sal steeds die Bremner-gebou bly beset, ondanks ʼn bevel van die Universiteit van Kaapstad (UK) se bestuur dat hulle dit moet ontruim.

“Ons sal in Azana House [Bremner] bly totdat bestuur aan elkeen van ons eise voldoen het,” het die Rhodes Must Fall-beweging gesê.

Dr. Max Price, visekanselier en rektor van die UK, het Vrydag gesê die oorblywende groep studente moet die Bremner om 14:00 verlaat, maar die studente het dié spertyd geïgnoreer.

Price het gesê die universiteit, die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) en die beweging het ʼn ooreenkoms bereik dat die gebou ontruim sal word sodra die Cecil John Rhodes-standbeeld verwyder is. Die standbeeld is Donderdag verwyder en die VSR, volgens Price, het by die ooreenkoms gehou, maar nie die beweging nie. Teen 16:00 was die studente steeds in die Bremner.

Pat Lucas, woordvoerder van die UK, het gesê die universiteit sal nie enige verklarings uitreik sonder Price se kennisgewing nie.

Die beweging het gesê hulle het nie ingestem om die gebou te verlaat nadat die standbeeld verwyder is nie. Hulle het glo hul eise aan die UK voorgehou voordat hulle die gebou sal ontruim. Dié eise sluit in dat die beweging ʼn plek sal hê om met hul bedrywighede voort te gaan; skriftelike bevestiging dat geen tugstappe teen betogende studente gedoen sal word nie; en dat die universiteit nie spanning op enige studente sal plaas nie. “Ons is al van dag een af ʼn nie-gewelddadige beweging, maar ons word met aggressie beheer. Ons het bewyse dat die universiteit polisielede ontplooi het en dat betogers deur kampusbeheer aangerand is,” het die beweging aangevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Panana

Die universiteit sal nou moet optree, hulle moes nooit ingegee het aan die versoek om die standbeeld te verwyder nie, die monster gaan net groter raak hoe meer mag hulle kry, die vise kanselier pos is seker volgende…. Hopelik sal die eksaminatore streng merk

JoeV

Lekke Kaapstad!! toe julle weer sien is hull op julle stoep!!!

CHRISTA

Hulle moet besluit of hulle daar is om te studeer of nie. As hulle nie wil studeer nie, moet hulle plek maak vir studente wat WIL studeer. As hulle meer in politiek belangstel, vat die pad en begin vir julle ‘n politieke loopbaan!!! Kyk na Zuma, hy het nie eers hoërskool klaargemaak nie en hy bestuur die land!!!!

Frans-Petrus Zeelie

My liefste betogende UK studente, Jy is verdomp daar om te studeer! Jou studies het net mooi nokkol met politieke bewegings en standbeeldtjies uit te waai. Jy is daar want jy WIL struggle nie omdat jy werklik struggle nie. Jy wil soos jou ma en pa eendag kan sê “ek het geveg vir ‘n standbeeld se verwydering” maar jou kinders het nie kos op die tafel. As ek protes op skool aangeteken het sonder toestemming oor iets het hulle my lankal van die skool af gejaag. Iemand wat so ‘n wonderlike kans om te studeer homself vir sulke snert wil… Lees meer »

Pierre Celliers

Hulle gaan hulle sin kry!