Die polisie in Noordwes het Saterdag gesê ʼn afgryslike video wat soos ʼn veldbrand versprei van ʼn groep jong mans in Suid-Afrika wat lewendig aan die brand gesteek word, hou nie verband met xenofobiese aanvalle nie.
Lees meerAlles vir Saterdag 11 April 2015
Twee vas vir Winterton-plaasaanval
Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem op aanklag van diefstal en poging tot moord tydens ʼn plaasaanval in Winterton in KwaZulu-Natal.
Paul Kruger-standbeeld moet binne 7 dae weg wees, sê EFF
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Saterdag geëis dat die stad Tshwane die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria binne sewe dae moet verwyder.
SA’ner sterf in Zambië: Ondersoek begin na helikopterongeluk
Geotech Aviation South Africa het bevestig dat ʼn ondersoek van stapel gestuur is na die helikopterongeluk, waartydens die Suid-Afrikaanse polisievlieënier Mike O’Donnell dood is.
Andrew Murray-standbeeld geskend
Die Andrew Murray-standbeeld in Wellington in die Wes-Kaap is ook deur vandale geskend.
Krugerwildtuin-stropers skuldig bevind
Vier mans is Vrydag in die Nelspruit-streekshof skuldig bevind nadat hulle die Krugerwildtuin betree het om renosters te stroop.
Video: Oulikste video van ongewone vriende
ʼn Video van ʼn paar ongewone dierevriende is reeds meer as 16 miljoen keer op YouTube gekyk.
Eskom beplan om krag te sny by munisipaliteite wat nie betaal nie
Eskom het alle partye in kennis gestel wat moontlik geraak sal word indien die maatskappy die kragtoevoer op 5 Junie sou afsny by 20 munisipaliteite wat agterstallig is met hul betalings.
Denel hof toe oor Khayelitsha-grondbesetting
Denel het Vrydag die Wes-Kaapse hooggeregshof genader om ʼn uitsettingsbevel te bekom teen persone wat grond in Khayelitsha, wat aan die wapenvervaardigingsmaatskappy behoort, beset het.
UK-studente beset steeds Bremner-gebou
Studentebetogers het Vrydag gesê hulle sal steeds die Bremner-gebou bly beset, ondanks ʼn bevel van die Universiteit van Kaapstad (UK) se bestuur dat hulle dit moet ontruim.
Paul Kruger-standbeeld glo met lemmetjiesdraad afgesper
Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria is glo met lemmetjiesdraad toegespan in ʼn poging om dié beeld teen vandale te beskerm.
Afrikaanse treffers 1984: Troepie Doepie – Rina Hugo
Leon Schuster het Afrikaanse woorde vir Brian and Ozzie se Pipes of Dongal geskryf; ‘Troepie Doepie’ was die gevolg en dit het dadelik gewild geword.
Gedagte vir die dag: Die motivering vir jou Christenskap
Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus. Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het, moet julle mekaar dan ook van harte en vurig liefhê. (1 Pet 1:19, 22)