Unisa lewer talle geoktrooieerde rekenmeesters

Uitspraak is Donderdag in die Konstitusionele Hof voorbehou in die taalbeleidsaak tussen AfriForum en Unisa. (Foto: Jacques Naude/ANA)

Altesaam 168 van die 412 geoktrooieerde rekenmeesterkandidate wat vanjaar hul ITC-toets (aanvanklike toets van bevoegdheid) suksesvol geslaag het, het voorheen by Unisa hul graad behaal.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica) het met die bekendmaking van die uitslae van die tweede sitting van die 2022-eksamen in Junie bevestig dat 1 658 kandidate vir die eksamen aangemeld het, van wie 1 011 oudstudente aan Unisa was.

Hoewel Unisa in Januarie en Junie slaagsyfers van onderskeidelik 20% en 17% behaal het, het dié instelling se kandidate nietemin 11% (189 uit 1 732 in Januarie) en 41% (168 van 412 in Junie) van die land se algehele slaagsyfer uitgemaak. Dit beteken dat die universiteit steeds die meeste geoktrooieerde rekenmeesters en rekeningkundiges lewer.

“Unisa het 17% van die algehele slaagsyfer uitgemaak, wat beteken dat die oorblywende 83% onder die ander 18 instellings in die land verdeel is,” het die universiteit Maandag in ’n verklaring gesê.

Unisa meen afstandleerinstellings dra boonop daartoe by dat transformasiedoelwitte in dié beroep bereik word.

“Volgens Saica se ontleding van die eksamenbevolking voltooi ’n groot persentasie van swart kandidate hul studie deur geakkrediteerde afstandleerinstellings. Dit dra grootliks daartoe by dat die beroep sy transformasiedoelwitte kan bereik.

“Dit is nodig dat hierdie instellings voortdurend oor die doeltreffendheid van hul programme besin en hulle dienooreenkomstig versterk as hulle hul deurlopende slaagsyfers wil verbeter.”

Luidens Unisa se verklaring is 91 van die kandidate wat hul Junie-eksamen suksesvol afgelê het swart, gevolg deur 32 Indiërs en ses bruin kandidate. Die universiteit sê hy is die enigste instelling met die grootste getal swart kandidate wie se sosio-ekonomiese omstandighede beteken dat ’n kontakuniversiteit hulle nie beskore is nie.

“Unisa is daartoe verbind om voort te gaan om programme te begin om sy voormalige studente te ondersteun vir ’n beter kans om die ITC-eksamen te slaag. Ons gaan voort met samesprekings met Saica om maniere te vind om bykomende ondersteuning aan voormalige studente te bied en te verseker dat hulle voldoende voorbereid is.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Is Unisa nie besig om Saica se standaarde te verlaag nie?

Scholtz ·

As die stert die hond swaai, soos wat so dikwels in hierdie tipe situasies die geval is, is dit (dat Unisa besig is om SAICA se standaarde te verlaag) tien teen een wel die geval, ja.

Nommer 7 ·

Suidlander, u verklarende vraag het tog geen meriete nie, en is ‘n klasieke voorbeeld van hoe ‘n sameswering teorie begin, ‘n onkundige bevraakteken ‘n kundige.

VaalDonkie ·

Hulle kon ‘n DTech(IT) ook gelewer het as hulle net my blessedse eposse antwoord.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die etiek van GRe en ouditeure lyk deesdae maar sleg. Nog beter, hulle behou hul titels al maak hulle droog. Regsgeleerders word egter gou van die rol geskrap. ‘n Skoonmaak is nodig.

VaalDonkie ·

Jong, enige ou wat kan uithou met UNISA se burokrasie en swak administrasie verdien daai graad.

LANA is ELANè ·

Ja, ek sal maar eerder nie op hierdie platform uitbrei rondom hierdie resultate nie!

Republikein in die Wes Kaap ·

Geluk, jy dink met jou verstand, nie jou hart nie!

Hennie ·

UNISA se grade beteken nie meer veel internasionaal nie. Word meestal gelyk gestel aan diplomas!

Republikein in die Wes Kaap ·

Om te dink Unisa se kwalifikasies was eens hoogs gesog. Die instansie is die moeder van SA universiteite.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.