Vaaldam op laagste vlak in jare

‘n 2017-foto van die Vaaldam. (Foto: Departement van water en sanitasie)

Die vlak van die Vaaldam het vandeesweek selfs verder gedaal en is nou op ʼn vlak wat in 2017 – toe groot dele van die land in die greep van ʼn verwoestende droogte was – laas gesien is.

Die departement van water en sanitasie het Gautengers gevolglik gewaarsku om water spaarsaam te gebruik.

Die departement sê die Vaaldam se vlak is in hierdie stadium op ʼn kommerwekkende 37,6%, nadat dit ʼn week tevore op 38,8% gestaan het. Die damvlak was ʼn jaar gelede op ʼn betreklik bestendige 59,9%.

Die Grootdraaidam se vlak het van 79,4% verlede week tot 78,9% gedaal. Die dam is egter steeds op ʼn hoër vlak as ʼn jaar gelede toe dit op 61,7% gestaan het.

Die Sterkfonteindam in die Vrystaat staan vir ʼn tweede agtereenvolgende week op 93,9%, ʼn hoër vlak as die 92% waarop dit ʼn jaar gelede op dieselfde tyd gestaan het.

Die vlak van die Bloemhofdam het vandeesweek van 96,5% tot 97,3% gestyg. Dit het verlede jaar op 96% gestaan.

Die vlakke van die Katse- en Mohaledam in Lesotho is egter beroerd. Die vlak van die Mohaledam het vandeesweek tot ʼn kommerwekkende 6% gedaal, nadat dit verlede week op ʼn ewe kommerwekkende 6,2% gestaan het. Verlede jaar hierdie tyd was die damvlak 33,1%.

Die departement sê die Katsedam se vlak daal ook steeds. Dit het van 27,7% verlede week tot 27,5% afgeneem. ʼn Jaar gelede was die situasie selfs meer beroerd en was dié dam se vlak ʼn skamele 17,8%.

“Die geïntegreerde Vaalrivierstelsel (IVRS) wat uit 14 damme bestaan, het die afgelope week ook gedaal. Hoewel die vlak van die IVRS negatief geraak word deur die daling in damvlakke, is die situasie tans bestendig.”

Die stelsel se vlak het afgeneem van 60,8% verlede week tot die huidige vlak van 60,4%. Dit was ʼn jaar gelede in ʼn veel beter posisie en het toe op 66,3% gestaan.

“Terwyl die vlak van die Vaaldam teen meer as die voorspelling aanhou daal, waarsku die departement van water en sanitasie Gautengse verbruikers om hul uitermatige waterverbruik te verminder.”

Die departement sê dit gaan geruime tyd duur vir damme soos die Vaal om weer deur die verwagte somerreënval opgevul te word, veral gegewe die feit dat Suid-Afrika ʼn uiters wisselvallige klimaat het.

“Waterverbruikers word gevra om waaksaam te bly en saam met hul plaaslike munisipaliteite te werk om te verseker elke druppel water word gespaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jaco ·

Raak dit dan droog in ANC-wêreld ook? In 2017 het ‘n ANC-raadslid vanaf iewers in die binneland dan gesê die Here straf die Wes-Kaap met droogte omdat meeste kiesers daar DA stem. So nou wonder ek maar net: as dit dan alles binne die wil van God is om ANC te stem en as goed soos korrupsie, swak of geen munisipale dienslewering, slaggat in paaie ens ens, dan nie sonde is nie, watse ander sonde doen die kiesers daar in die ANC-wêreld dan dat die Here hulle nou ook met droogte straf?

Blikkies ·

Dit kan ook help as die Munisipaliteite die vermorsing van water hokslaan soos allewige gebarste water pype wat vir weke aan een loop en die onderhoud aan Reservoirs..

Antoinette ·

Vir 2 maande is daar n water lek in ons straat. Het dit al hoeveel keer gerapporteer. En net niemand kom om dit te herstel nie. Maar as jy in Vanderbijlpark rond ry dan sit hulle orals op die sypaadjies en niks doen nie.

Willem ·

Ek dink as al die water lekke in elke dorp herstel word spaar ons ten minste80% water

Miskruier ·

Dis wat gebeur as die hele Afrika hier kom water drink.

daniel ·

Niemand sal enigiets aan hierdie probleem kan doen nie, tensy jy n manier kan vind om die genetiese samestelling geheel en al te verander en aan te pas.

Anel ·

Eintlik sê hulle :” mense wat betaal vir water, julle moet dit spaarsaam gebruik sodat die wat nie betaal nie dit kan mors” .

daniel ·

Dit wil voorkom asof die ANC kaders nie eintlik lus het vir eerlike werk nie, want dit is makliker en lonender om korrupsie te bedryf, ongeag die feit dat dit die land en sy mense verarm en verhonger.

Genis ·

Bo en behalwe at die hele Afrika hier water drink, is die watersuiwerings aanlegte gedaan, en werk vir jare nie meer nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.