Vakansieverblyf-slenter: Vrou beken skuld

Marianne Tome Roux.

Marianne Roux, die vrou wat ʼn vakansieverblyf-slenter bedryf het, het Dinsdag in die Thembalethu-landdroshof op verskeie aanklagte van bedrog skuld beken.

Roux het sedert verlede jaar gereeld voornemende vakansiegangers op sosiale media met vals aanbiedinge van vakansieverblyf in die Suid-Kaap (Tuinroete) mislei.

Sy is sedert Junie in die vrouegevangenis in Oudtshoorn aangehou nadat sy nie borgtog kon kry nie. Die saak teen haar is die afgelope maande verskeie kere uitgestel terwyl die ondersoekbeampte, speurkonst. Lindinkosi Yoko van George, landwyd verklarings afgeneem het om die saak teen Roux te bou.

Sy het aanvanklik onskuldig gepleit, maar van plan verander toe die toegewyde speurder, gewapen met agt dossiere, by die hof in Thembalethu opgedaag het.

Geen getuienis is gister gelewer nie en die saak is deur landdros Nelson Mulaudzi tot 23 Oktober uitgestel. Roux bly in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig hoe ʼn siek konstabel Yoko meedoënloos met sy ondersoek voortgegaan het pas ná hy in Junie uit die hospitaal ontslaan is. Een van die klaers, Estelle Ciaglia van Kaapstad, het toe sonder meer begin help om al die inligting te koördineer en aan Yoko deur te gee.

Ciaglia het ʼn saak in Bellville aanhangig gemaak toe sy besef het dat sy deur Roux ingeloop is. Sy het in Februarie R4 000 as ʼn deposito vir vakansieverblyf in Desember vanjaar aan Roux betaal.

Die groep vir wie Giaglia verblyf in Sedgefield bespreek het, sou uit vier volwassenes en ʼn baba bestaan en hulle sou boonop twee bulterriërs saambring. Soos in verskeie ander gevalle het Roux later vir Ciaglia vals bewyse van betaling van ʼn Capitec-rekening af gestuur.

Roux het ook huiseienaars genader met die belofte dat haar onderneming, Eden Travel & Events, reeds vakansiegangers het wat hulle eiendomme wou huur.

Francois Gerber van George was een van die eerste klaers wat reeds verlede jaar deur Roux genader is, maar hy het daarop aangedring dat die voornemende vakansiegangers hom direk betaal. Roux het egter ʼn deposito vir moontlike skadevergoeding gehef wat sy nie wou teruggee nie.

Mariana Bergman van Knysna het haar huis in 2018 op Facebook geadverteer en Roux het ook vir haar vertel dat sy dit onmiddellik aan vakansiegangers kon verhuur. Die vakansiegangers het sowat R17 000 aan Roux betaal, maar Bergman het nooit ʼn sent daarvan gesien nie.

Terwyl Bergman alles in haar vermoë gedoen het om haar geld by Roux te kry, het Roux weliswaar weer die huis vir die komende Kersvakansie aan iemand verhuur en R9 000 as deposito ontvang.

Roux het ook vir Nadia Edwards van Polokwane met R7 000 ingeloop. Dit was ʼn deposito vir ʼn vakansiehuis wat Edwards betaal het vir ʼn groep van nege mense wat in die komende Desember vir drie weke langs die see sou gaan uitspan.

Sy was verstom toe sy hoor dat die eienaar van die huis geen kennis van die bespreking dra of die deposito ontvang het nie.

Edwards het in Junie aan Maroela Media gesê sy is net dankbaar dat haar gesin vroegtydig gehoor het dat hulle met ʼn swendelaar te doen het, want hulle sou voor dooimansdeur aangekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Anoniem ·

Gaan my verstand te bowe hoe mense ook net mense se woord vat. Betaal bietjie meer en kry n maatskappy soos lekker rus en daar sal geen probleme wees nie.

Zettie ·

Ek sou skepties wees om ‘n maatskappy soos “lekker rus” te nader, want ek het nog nooit van hulle gehoor nie. Ek het wel al van LekkeSlaap gehoor.

Lizelda ·

Ek sou ook nie al wys die fotos op die internet wat? Bly maar eerder by n Flight Centre, Travel Sure ens. En soos jy tereg se betaal eerder meer en paar langer vd vakansie as om al jou geld te verloor. Ek wil net ook se ek dink wat die vrou gedoen het is wreed.

Michael P ·

Ek was amper so gevang jy kom gou agter wanneer dit n scam is maar party van hulle is baie glag met die bek ja mense wees maar versigtig daar is baie skelms daar buite.

Leon ·

LekkeSlaap gebruik, en die diens was puik. baie profesioneel.

Adel ·

Dit is verskriklik om te dink…… daardie mense sou almal met hulle gesinne en dalk nog hondekinders die lang pad aangedurf het om net daar voor dooiemans deur aan te kom. Nie eens gepraat van al die kostes daarvan verbonde en die deposito’s betaal nie. Hoe doen een persoon dit aan ander?? Hoop sy kry ordentlike straf daarvoor!!

Mike ·

Ek kan nie verstaan hoe betaal jy aan iemand geld oor wat jy nog nooit gesien het of ken nie vir ‘n belofte soos ‘n vakansie huis? Daar is soveel bedrog die afgelope jare oral in die wereld en mense val nog steeds daarvoor. Ek hoop hulle sluit haar lank weg.

Wie weet ·

Vir bedrog kry jy nie byl nie maar vir moord en ryp kry jy byl

Antoon ·

Ag weet jy…….word n bietjie positief. Verstaan so bietjie die regstelsel.

Kolle ·

Die Polokwane vrou het R7000 vir nege mense en 21 dae betaal. Dit werk uit op R333 per dag. Sy wou seker nie die rooi ligte sien nie.

Hanlie ·

Kolle, die R7 000.00 was ‘n deposito. Sjoe, wat ‘n slenter sal mense nien nog probeer nie.

Retha Basson ·

Die vrou wat my ingedoen het met R23 380 se naam is Jaquele de Klerk as dit nie vals is nie.
Haar dogter Johanita Jardim was bewus van haar streke asook haar man Johan de Klerk en n ene Xavier.

KG ·

Ek dink wat my so de joos in maak van sulke mense is dit hulle dit moeilik maak vir die eerlike ouens daarbuite soos bv my broer wat ‘n ruk terug sy eie aanlyn reis besigheid begin het.
Mense is skepties en dis moeilik vir die eerlike ou om aan die gang te kom juis a.g.v. mense soos Marianne.

Ek verstaan ook glad nie hoe sy gedink het sy gaan daarmee wegkom nie……mense gaan mos by die plek opdaag en vrae begin vra. Maar jou ja, sy moet maar haar straf vat.
Plaas sy vir haar geld gewerk het, aan die einde ‘n baie “vryer” posisie waarin sy haarself sou bevind het….

Jerry ·

Doen kwaad en kwaad volg jou. Marianne het n keuse gehad tussen reg en verkeerd en sy het haar keuse gemaak en gaan nou daarmee met haar gewete moet saamleef indien sy wel n gewete het! SA het in so n gewetenlose paradys ontaard waar almal vinnig geld uit mekaar wil maak dat dit byna onmoontlik is om te glo. Elke Jan Rap en sy maat het een of ander scheme om met ander mense se swaarverdiende geld te woeker en die mense is so naief hulle val wragtig daarvoor. Ek hoor oor die nuus #ImStaying het ook nou besluit om fondsinsamelings te begin. Ek begin dink dat dieselfde groep mense agter al hierdie fonsinsamelingsprojekte sit en as jy dink die ANC verryk hulself dan wil ek nie sien hoe ryk hierdie spulletjie al geword het nie. Wat maak hulle dan anders as Marianne, nie veel nie, hulle het net beter geldgierige rykword planne en lieg met meer oortuiging terwyl hulle n bietjie hier en daar uitdeel en sommer baie vir hulself hou. Hulle het nooit huisies by die see gehad nie, nou het hulle. Sterkte aan alle naiewe Suid Afrikaners, julle gaan net bly waar julle is!

Daan Erasmus ·

Dit is juis die reis agente wat Bybelversies rondstrooi wat so skelm is.

Bleek Willem ·

Geluk aan konstabel Lindinkosi Yoko wat landwyd moes rondry om sy dossier op te bou en suksesvol te laat vervolg. Nogal “net” ‘n konstabel.

Lekker man.

Jerry ·

Ek is van mening dat Bert nie daaroor hoef te twyfel dat Marianne bybelversies sou rondstrooi nie, sy sou beslis. Wit en swart Con-artists in SA loop met die bybel onder die arm rond, dis Virseker, omrede dit seersekerlik die beste manier is om Christene, veral die met geld, te vang. Ek glo egter dat hierdie gebruik in onbruik gaan begin verval soos wat mense meer en meer bewus gemaak word daarvan. Selfs meningvormers gaan versigtig moet begin trap om bybelse aanhalings te gebruik om stukrag te verleen aan hulle swak argumente, of motiewe wat hulle probeer regverdig sonder om te veel kritiek uit te lok!

Meraai ·

Het ook nou al ondervinding van as mense jou toegooi met Bybel versies, bly maar ver weg

JohanR ·

Jammer ek weet dit is ‘n eringste saak, maar ek sit hier met soe bietjie van ‘n smile op my gesig. Jy hoor ‘n klop aan die deur, gaan maak op en hier staan ‘n man, vrou, drie kinders en wat lyk na ouma en oupa hier voor jou met bagasie, en se hulle kom op valansie, en is hulle verblyf reg. Klink soos ‘n fliek vir Leon Schuster…..

Mel ·

Die vrou het my ook amper gescam… Gelukkig het my gut feeling my gese’ sys n skelm.. Sy was so kwaad toe ek haar ignore my glad geinbox en gese’ hoe onmenslik ek is en sy werk net vir haar brood en botter. .. en dit het my nog meer oortuig sys n skelm.. Ek sal nog nooooit geld oorbetaal in iemand se rekening wat ek nie ken nie… Dus mos domgeid.. Eks Bly sy is gevang..

Erica ·

Dit is nou daardie tyd van die jaar wat ons ‘n deposito moet betaal om ons vakansieverblyf te verseker. Mense soos die maak dat dit uiters stresvol is – ek het geen genade vir gierigheid nie. Sluit haar toe en gooi die sleutel weg.

Nee regtig!! ·

Ek het êrens in 2005 ‘n R1500 vir ‘n toer betaal aan ‘n Oosthuizen vrou en haar ma van Pretoria.. dit was nog ‘n advetrensie in die koerant … sy het ook met my geld verdwyn, mens kry skelm mense in die lewe en dit lyk my dis meer vrouens wat met die streke uitkom!! Hoop sy word goed getraf!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.