Valke slaan toe op Laeveldse amptenare

Die inhegtenisnemings. (Foto: Valke)

Drie amptenare verbonde aan die Mbombela- plaaslike munisipaliteit, die Mbombela- verkeersdepartement en die Witrivier-verkeersdepartement in Mpumalanga is Woensdag deur die Valke in boeie geslaan.

Dié drie en ses ander wat reeds in Julie in hegtenis is, word aangekla van bedrog, diefstal en geldwassery ten bedrae van R60 miljoen. Die aanklagte hou verband met vervalste motorlisensieskyfies en nóg inhegtenisnemings word verwag.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het in 2018 hul ondersoek aan die Valke oorgegee nadat dit aan die lig gekom het dat vervalste lisensieskywe aan motoreienaars uitgereik word.

Die inhegtenisnemings. (Foto: Valke)

Die ondersoek sou later onthul dat die kassiere by die onderskeie verskeersdepartemente met motoriste saamgespan het, tot hulle eie voordeel. Die betrokke amptenare het na bewering aan dié idee gekom nadat hulle bewus geword het van vragmotorbestuurders wat diep in die skuld is omdat hulle te lank gewag het om hulle lisensies te hernu.

Amptenare sou die stelsel manipuleer om die vervaldatum op lisensieskywe te verleng, sodat dit lyk of die betrokke bestuurder onmiddellik die lisensie hernu het nadat dit verval het. Sodoende sou bestuurders nie ʼn boete hoef te betaal nie.

Die inhegtenisnemings. (Foto: Valke)

Die vragmotoreienaars het dan van die boetegeld wat die departement toekom eerder aan die amptenare betaal.

Thembi Millicent Motlohi (43), Allman Thabani Masuku (35), Xoliswa Celia Ngcelwane (52), Nompulelo Winnie Nxumalo (44), Agnes Nosipho  Ndzinisa (54) en Nkosinathi Samuel Gumede (37) is reeds in Julie in hegtenis geneem vir hul beweerde aandeel in die ongerymdhede.

Hulle is elkeen kort daarna op borgtog van R15 000 elk vrygelaat.

Die drie nuwe medebeskuldigdes, al drie tussen 36 en 42 jaar oud,  sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Mbombela verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Di ·

Goeie werk Valke! Daar is SO BAIE korrupte amptenare regoor die land. Kan nie glo dat “sekeres” dink hulle kan vir altyd hiermee wegkom nie. Duidelik het hulle goed geleer by hulle korrupte ANC kaders wat die land regeer. If you can’t beat them join them. Ons eens pragtige land het verander in een kriminele HOOL

Nie Verbaas ·

Voertuig eienaars moet ook arresteer word. Laat die hele klomp nou goed leer.

efjy ·

Probeer net asb. om so gou moontlik die R60 miljoen terug te kry. Dis bloedgeld vir belasting betalers. Vries al die beskuldigdes se bates onmiddelik.

Nie Verbaas ·

Ek weet nie wie stem nie saam met jou nie maar ek sê ook vat absoluut alles wat hulle het. Dit is die tipe van gemors wat ons land maak wat dit huidiglik is. Al die onwettige uitreikings moet ook terug getrek word en deur die regte proses gaan. Laat die eienaars maar vir hulle kry. Deler so goed as steler.

Wielspore ·

Toevallig is dit die lisensie kantore waar ons lisensies uitneem, diens is uiters swak. Ek hoop van harte hulle kry die swaarste straf en mag nooit weer by staats instelling werk.

Nie Verbaas ·

Hulle volgende pos seker ambassadeur in die buiteland.

Di ·

Hoe groter krimineel jy is, hoe beter pos word jy aangebied. Kyk maar net na ons kriminele Regering, grootste skelms regeer die land

Hannes ·

Die woord is vervalste,
VERVALSTE!
Kan julle asb n’ plan maak met Tania Heyns se onvermoë om die korrekte Afrikaanse woordspelling te gebruik.

Nie Verbaas ·

Is daar nog iemand wat wil twyfel trek oor die integriteit van sekeres in die algemeen?

Niklaas ·

Ek skaam my vir my provinsie Mpumalanga. Die res van die land se amptenare en kaders kan leer by hierdie spul beamptes en hul weeklikse wandade. Mens raak dit eintlik gewoond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.