Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het gesê die mans is Woensdag in hegtenis geneem nadat ʼn wenk ontvang is met besonderhede van onwettige bedrywighede by Kusasalethu-goudmyn in Randfontein.
“Die persone is vermoedelik al sedert November 2016 ondergrond. Hulle is net voor middernag aangekeer toe hulle uit die myn wou kom,” het Rikhotso bygevoeg. “ʼn Veiligheidswag, wat by die myn gewerk het, is ook in hegtenis geneem op aanklag dat hy omkoopgeld van die Zama Zamas aanvaar het.” Die veiligheidswag het glo onderneem om te swyg oor hul bedrywighede en ook beskerming vir hulle aangebied. “Die Valke het beslag gelê op ʼn beduidende bedrag geld wat hy in sy besit gehad het, wat vermoedelik deur die Zama Zamas aan hom gegee is.”
Daar is sedert April 2017, toe die ondersoek oor onwettige mynbedrywighede by Kusasalethu-goudmyn begin het, reeds beslag gelê op toerusting ter waarde van R150 400 en kontant ter waarde van R73 000.
Alle verdagtes sal in die Carletonville-landdroshof verskyn.
Goeie werk, maar is dit nie tyd dat hul ook konsentreer op die korrupte polisiebeamptes en binnelandse sake beamptes wat hul nou al “jare” lank ondersoek nie… Ek werk daagliks met die beamptes saam en hulneuk net voort met hul korrupsie en op navraag die antwoord ; ” we are on it”…
Heksie, ek is baie jammer vir die manne met die “hanne” in die goudpanne, Hulle sou nooit gearresteer gewees het indien hulle korrek geadviseer was nie. Mynwerk verg baie inspanning en hulle het nie nodig om hulle so af te sloof nie. Hulle moet net die Mining Charter lees. Minister Zwane gee hulle daarin ‘n 30% belang in die mynmaatskaapy en boonop moet die mynmaatskappy dan nog ‘n ektra 1% van omset opdok. Dit is dus nie nodig om te werk in omstandighede waarin jy die risiko van arrestasie loop nie. Ek hoop julle mynmagnate lees MM en vind baat by hierdie gratis advies
Is dit nou waarmee die Valke hulself besig hou? Zama zamas? So ver dit my aangaan myn hierdie ouens erts wat niemand anders wil myn nie. Moet die Valke nie hul tyd spandeer om die groot visse te probeer vang nie?
Stem saam met jou Riaan.
Riaan, dis as gevolg van jare se wegkyk in terme van Zama Zamas dat die myne NOU moet toe maak. 2 Myne net in die Carletonville area maak toe en die hele Anglo Gold Ashanti moet nou 8500 mense retrench omrede hul nie geld maak nie – inherent het al die jare se die weg kyk gelei dat hierdie een van die groot visse is.
Wat op dees aarde het die Valke hiermee te doen? Dis nie hul werk nie. Die Zama Zamas werk heel waarskynlik vir die eienaars van die myn wat die goud koop om belasting te ontduik.
Ek dink hulle gaan uit aanhouding ontsnap
Die Valke moet die mense soek wat die goud onwettig koop .
Al rede hoekom hierdie zama zamas geteiken word is omdat die regering nie belasting ontvang van die goud wat hulle verkoop nie. ons weet nou mos , die regering hou mos nie van kompetisie nie.
Dit is snaak dat nog niemand die rasse kaart gespeel het nie.
God het die minerale vir almal op aarde gegee… Voel almal moet deel in die welvaart. Hulle het gesinne om te versorg. Kry hulle jammer, dit verg hard werk in slegte toestande. Fokus liewer op “drugs” en moord…. Dinge wat ons land se toestand werklik tot stilstand ruk
Presies my gevoel. 7maande ondergronds? Harde werk… maar ongelukkig ook diefstal. Wat ‘n dilemma. Om te lewe, kies: misdaad of …misdaad.
SE HULLE MOET HULLE COMPUTERS GAAN SOEK,