Valke waarsku teen afspraakwebwerwe

Argieffoto

Argieffoto

Die Valke het vroue gewaarsku teen bedrieërs op aanlyn afspraakwebwerwe.

Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê misdadigers gebruik aanlyn afspraakwebwerwe om niksvermoedende vroue te bedrieg. “Persone wat dié webwerwe besoek, word aangeraai om nie geld in te betaal of oor te dra sonder om te bevestig of hulle met ʼn bedrieër of ʼn moontlike maat praat nie,” het hy gesê. “Twee vroue is onlangs van R900 000 en R170 000 beroof deur Nigeriërs wat hulself voorgedoen het as aantreklike kêrels van België en Skotland.”

Netshiunda het bygevoeg ʼn ondersoek deur dié elite-eenheid het ook aan die lig gebring dat sommige persone geld aanvaar om bankrekeninge oop te maak vir persone wie hulle nie eers ken nie.

“Die ondersoek het aan die lig gebring dat talle van dié persone se rekeninge gebruik is om geld te ontvang of geld oor te dra wat deur bedrog van slagoffers bekom is,” het hy gesê.

Netshiunda het bygevoeg lede van die gemeenskap het ingestem om bankrekeninge oop te maak en het daarna die bankkaart aan die persoon, wat hulle versoek het om die rekening oop te maak, oorhandig. “Misdadigers wat ander persone se aanlynbankbesonderhede steel, gebruik dan dié rekeninge – wat roekeloos oopgemaak is – om die geld aanlyn te versprei en dwarsoor die land geld uit die rekeninge te onttrek,” het hy verduidelik.

Die Valke het ʼn waarskuwing uitgereik aan persone wat bankrekeninge oopmaak, om nie hul bankkaarte of PIN-kodes aan enigiemand te oorhandig nie, om te verhoed dat hulle medepligtig is aan verskeie misdade.

“Meer as 55 persone, hoofsaaklik Nigeriërs, is tot dusver in hegtenis geneem in verband met misdade, waaronder bedrog, inligting wat bedrieglik bekom word en SIM-kaarte wat omgeruil word,” het Netshiunda bygevoeg. “Die rekeninge wat gebruik is, is wettig oopgemaak deur Suid-Afrikaners wat vrywillig hul bankkaarte en PIN-kodes verkoop het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Rietjie Magrietjie ·

Ek het eenkeer ‘n dating site probeer. Maar die afrikaanse man het g’n niks in my belanggestel nie, hy wou net weet wat ek besit en hoeveel geld ek het. Dit het my so afgesit, ek het my profile gesluit en hom van my foon geblok. Dis maar beter om mense op die tradisionele manier te ontmoet.

Mari ·

Ou nuus. En eintlik vanselfsprekend :) Baie oulike illustrasie foto by die berig!

Cupid ·

Aanlyn dating kan baie goed werk en baie mense ontmoet hulle ware liefde en lewensmaats so. Dit is die nuwe manier. Maar dit behels om common sense te gebruik. Dit is eintlik baie eenvoudig: moet nooit aandui hoeveel geld jy maak nie. As iemand vra oor jou eiendom, kar, huis (huur of besit, groot huis of klein meenthuis), dan blok jy die mens. En moet nie vir enige hartseer stories of beloftes oor geld val nie, jy gee nie n sent nie, vir niemand. Laastens, wanneer julle ontmoet, ontmoet in n openbare plek, verkieslik eetplek in n mall, en reel vir eie vervoer. Dan is jy veilig en staan kans om ook jou lewensmaat te ontmoet.

Johannes Lodewicus ·

Julle moet oppas vir die Russiese swerkaters ook!! Mooi jong nooiens wat met jou wil trou dan moet jy geld vir vlieg kaartjies stuur. Elke keer is daar dan ‘n sop storie en sy dop nooit uit nie!! Sy maak jou op daai lughawe sit en wag, verniet!!

Gerhardt O ·

Touche, maar onthou wanneer dit by liefde kom word mense maklik gemanipileer.

Cherokee ·

As julle dames vir my wil skryf is julle welkom. Stuur vir my jou besonderhede en ‘n mooi kleurfoto van jou kar.

Willie ·

O how they love to someone’s money LOL.. Common sense moet gebruik word….

Coleen ·

Party doen hulle voor as ‘n wewenaar met ‘n kind en wil dan graag jou as toekomstige wederhelf hê en belowe jou die maan en sterre. Op die ou end vra hulle geld en belowe om terug te betaal en wil geld oorgeplaas hê dmv Western Union en die grap is hulle vra vir groot bedrae. Nee wat, dit is scams en fraud en bedrieërs. Hulle gebruik ook fotos wat nie eers hulleself is nie. Het al drie sulke “ontmoetings” gehad per e-mail, maar het gou gesien dat al drie dieselfde trant gehad het.

Daar is eerlike mans/vrouens daar buite om te ontmoet op ‘n dating site, maar ongelukkig sal mens nie altyd weet wie nie.

Zena ·

Ek stem saam met Cupid. Jy moet in elk geval common sense gebruik as die ander persoon te veel vra oor waar jy werk, kar jy ry en of jy jou eie huis het of huur en wie by jou bly. hul gebruik elke moontlike inligting om jou sag te maak. En ja, nie almal is so nie, want ek ken n paar mense wat aanlyn ontmoet het en gelukkig getroud is. Wel, dan ken ek ook mense, veral vroue wat al gevang is met al die hartseer stories en geld vir iemand inbetaal wat sy/hy nooit ontmoet het nie. ai, dis regtig hartseer dat mens so ingedoen word.

Zena ·

Is waar Coleen. Ekt al n vriendin gesoebat en smeek om nie geld oor te betaal nie, maar die man se stories en beloftes aan haar het haar sag gemaak en sy het geval daarvoor. En syt natuurlik gedink ek wil die man self he, maar ek kon deur sy stories aan haar sien, dat dit net n scam is. Maar nou ja, ek ondersteun haar nog steeds, al moet sy nou die stukkies optel van omtrent al haar geld oor te betaal aan die sogenaamde wederhelfte. Ek hoop ander vroue lees hier en val die vir die stories nie. En ja, soos Cupid se, daar is nog mense wat eerlik is op die dating sites. En om in n openbare plek te ontmoet met n vriend of vriendin wat ook in die omtrek is, is heeltemal veilig. Moet nooit die persoon vinger alleen gaan ontmoet nie. Jou vriend od vriendin kan by n ander tafel sit.

Zella ·

Mense moet ook passop vir “catfish”… As ‘n mens veilig komunikeer op sulke aanlyn webtuistes dan kan hul die regte persoon dalk ontmoet…

Besorg ·

Ek is opsoek na ‘n mooi jong dame, enigste kind, haar Pa op sy sterfbed, met baie plase op sy naam……..

Thea Robbertze ·

Ja…. neee…. hulle is altyd ‘n wewenaar met ‘n kind en wil als van jou weet. Nee wat as hulle eers begin met geldstories dan moet die rooiligte al klaar aangaan. Jy moet of baie dom wees of baie hardop wees

Geraldine ·

Die gesprek gaan so:
Kansvatter: Jy het darem seker jou eie karretjie? En watter karretjie is dit? En jou eie huisietjie? En waar is die huisietjie? En wat doen jy vir ‘n lewetjie? Dit voor hy my ontmoet het of ‘n foto van my gesien het.
(as die aap maar geweet het dat ek ryk en aantreklik is, en sexy en kinderloos, het ek seker nie van hom ontslae geraak nie!)
nee wat, pasop maar vir die dating site romeos! Hulle soek alles in ‘n vrou wat hulle self nie is of het nie.

KarooKlong ·

Hi Geraldine,
Eks local, lekker en ek het my eie Hilux, wat maak jy op Valenteinsdag?

Stephanie ·

Ja pasop vir “catfish”. Die “man” waarmee ek maande lank gechat het, het vir my ‘n foto van die parfuum gestuur wat hy vir my gekoop het, en in die weerkaatsing van die glasbottel sien ek toe die duidelike gesig van ‘n butch vrou. So ‘n groot vrou, glad nie die handsome man op die fotos wat hy vir my van hom gestuur het nie. Nou toe verstaan ek hoekom hy altyd verskonings gehad het om my van aangesig tot aangesig te ontmoet. Toe google image ek sy fotos en dit is van ‘n ou in Kalifornië.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.