Valke-woordvoerder sterf

Lt.kol. Matimba Maluleke.

Die woordvoerder van die Valke in Limpopo is Vrydag in ʼn hospitaal in die provinsie oorlede.

Volgens inligting wat deur die Valke verskaf is, is lt.kol. Matimba Maluleke dood nadat hy vir ʼn kort ruk siek was.

Genl.maj. Gopz Govender, provinsiale hoof van die Valke, het hom as lojaal, gedissiplineerd en energiek beskryf en gesê hy was in sy werk besonder toegewyd. “Hy het ook ʼn baie goeie werksverhouding met sy kollegas, bestuurders en alle belanghebbendes gehad.”

Hy het die media bedank vir die produktiewe verhouding wat hulle met Maluleke gehandhaaf het, en die hoop uitgespreek dat dié goeie werksverhouding tussen die Valke en die media sal voortduur.

Reëlings in verband met Maluleke se begrafnis sal later deurgegee word.

Die Valke het gevra dat die familie se privaatheid in dié stadium gerespekteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.