Du Preez word daarvan beskuldig dat hy sy vrou, Thea (41), en hul kinders, Carlia (17) en Phillip (14), in die vroeë oggendure van 3 Desember 2015 in die gesin se huis doodgeskiet het.
Volgens Jacques Steenkamp van SAUK-radionuus het die staat Vrydag sy getuielys by die hof ingehandig en is die saak tot 11 April uitgestel wanneer ʼn verhoordatum na verwagting vasgestel sal word. Steenkamp het berig Du Preez se vriende sal glo betaal sodat hy ʼn regsverteenwoordiger kan aanstel en nie meer van regshulp gebruik hoef te maak nie.
Du Preez sal tot sy volgende verskyning in die Leeuhof-gevangenis buite Vereeniging in aanhouding bly.
Die moorde op die drie lede van die Du Preez-gesin het verlede jaar wyd opslae gemaak. Du Preez het ten tyde van die moorde beweer hy was in die motorhuis besig toe hy skote in die huis gehoor het. Hy het beweer hy is daarna deur twee gewapende verdagtes gekonfronteer wat op vlug geslaan het, waarna hy ondersoek gaan instel het en die drie oorledenes se liggame in die huis aangetref het. Enkele ure daarna is hy egter in hegtenis geneem.
Du Preez het later sy weergawe van die gebeure verander en in die hof aangevoer twee Nigeriese dwelmbase het hom met ʼn vuurwapen gedreig en gedwing om sy gesin dood te skiet, nadat hy geweier het om dwelms namens hulle te verkoop.
Lees alle vorige berigte oor die Vanderbijlpark-moorde op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Baie siek man geen normale mens doen so iets aan die mense van jou gesin nie…………
Verduidelik asb parregraaf 3. Kanselleer hy regshulp van die staat om privaat regshulp te ontvang waarvoor sy vriende betaal?
Belaglik…hoe kan enige iemand die man wil help…Laat hy kry wat hy verdien….Hy het sy gesin uitgewis. Hy het dit self erken………………………………..
Ek het nie woorde nie, wense baie maar nie woorde.
Ja nee kyk skuldiger as wat hy voorkom sal geen mens kry nie. Genade hy het dan twee uiteenlopende stories van wat gebeur het. Mens kan mos sekerlik onthou wat gebeur het. Dis siek man hoe kan n mens dit aan jou gesin doen???