Vavi het aan die koerant gesê dat Thuli Madonsela se aanbevelings “hoogty vier”.
“Ons het aanvaar dat die aanbevelings geïmplementeer moet word – almal van hulle,” het Vavi gesê.
Vavi sê van die kritiek wat Madonsela gekry het is “absoluut walglik om die minste te sê”.
“Sommige mense het selfs kommentaar gelewer oor die vorm van haar neus. Die Openbare Beskermer moet gerespekteer word.”
Sunday Times berig dat Cosatu sy steun aan Madonsela toegesê het nadat die ANC haar met kritiek bestook het oor die uitlek van haar verslae aan die media.
Madonsela het in Maart ‘n verslag bekend gestel rakende die opgraderings aan Nkandla. In die verslag het Madonsela aangedui dat Zuma moet betaal vir al die verbeterings by Nkandla wat nie veiligheidsverwant was nie, waaronder die swembad, beeskraal, amfiteater en besoekerssentrum.
Waarom moet hy net vir die verbeterings betaal wat nie veiligheidsverband is nie wat skyn ongeveer R10m sal wees .Wat van die res wat die skelm as n kapitale bate gaan behou om sy klomp los vrouens te trakteer .Ek se nasionaliseer Nkandla as n Staatsbate want dit is ons belastingbetalers se swaarverdiende geld wat dit tot stand gebring het . Laat hy met sy eie korrupte geld vir hom n aftree kraal bou.
Ek aanvaar SA betaal duur om die ANC op te lei om ons land te regger.
Die anc en hul president moet ophou om kosbare tyd en geld te mors aan die N’Kandla-debakel!
Die eenvoudigste manier vir Zuma om die saak op te los is om die geld terug te betaal! Dit gaan
tog weer nie uit sy eie sak kom nie!! Hy het mos ook baie “spesialiste” om hom te help daarmee
soos onder andere Block, Magashule, Fransman en vele ander!
Die vraag….in publieke werke wie/rang /posisie het die bedrae goedgekeur?
‘n argitek kan alleenlik hoenderhokke moderniseer na aanleiding van ‘n opdrag, wie het die opdrag gegee vir kraal/swembad/hoederhokke?
Dit is ons belastinggeld, en Zuma moet bedank en die bedrag terug betaal, die korrupsie is veels te veel vir die gewone publiek, dan ook word sy kinders die beste poste aangebied, sonder kompetisie van ander kandidate. Ek is nie vir Malema nie, hy skuld belasting geld en het ook bedrog gepleeg….maar soms kan ‘hy wel ‘n aanval loods die ons kan waardeer.!