Veiligheidsbeamptes sterf tydens KZN-rooftog

Foto verskaf deur Emer-G-Med

Twee veiligheidswagte is Woensdag doodgeskiet tydens ʼn sakerooftog in Springfield in Durban, KwaZulu-Natal.

Emer-G-Med se paramedici is na die toneel in Londonderry-singel ontbied. “Twee mans, tussen 40 en 50 jaar oud, het skietwonde opgedoen. Een van die mans het noodlottige beserings opgedoen en paramedici kon nie enigiets vir hom doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Die tweede man was in ʼn bedenklike toestand en het, ondanks pogings deur paramedici om sy lewe te red, ook op die toneel gesterf.

“Die mans het as veiligheidswagte by die onderneming gewerk toe gewapende rowers hulle oorval het. ʼn Skietery het gevolg.”

Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Charl ·

Stem volkome saam Christo, ek was self jare in die bedryf, dis een van die ondankbaarste en swak betaalde sektore in die die privaat bedryf, het 1ste handse bewyse gehad van hoe skelm sekerheids maatskappye kan wees en hulle gee nie ‘n duit om vir jou lewe nie !

Robert ·

Daagliks berigte van polisie of veiligheids wagte wat vermoor word!!!!!

ES ·

Een van die hartseerste dinge is dat baie van hierdie sekuriteitsbeamptes baie min opleiding ontvang en baie swak salarisse verdien. As jy kyk na die glyskaal van wat privaat-sekuriteitsfirmas se omset is per jaar ten opsigte van wat die salarisse is wat hulle aanbied, dan spreek dit boekdele.

Jack ·

Die besighede in die land sal anders moet begin dink oor toegangsbeheer. Gewone sekuriteit plaas net lewens op die spel. Metaalverklikkers buite die staalhekke mag n waarskuwing bied en boosdoeners weer laat dink. Ongelukkig is die vuurwapenwet so dat vuurwapens verskuil moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.