Daniel Chikwa Maluleke (60) en Solly Ubisi (56) het Maandag in die Skukuza-landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie, geldwassery en bedrog wat met die onwettige handeldryf met wilde diere verband hou.
Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê Maluleke en Ubisi is in samewerking met die Skukuza-veediefstaleenheid in hegtenis geneem.
Dit volg ná ʼn omvattende ondersoek oor hul geldsake. “Die verdagtes het na bewering taktiese inligting aan renosterstropersindikate verskaf in ruil vir groot bedrae kontant.”
Hulle bly in aanhouding tot 4 Mei 2022 vir ʼn formele aansoek om borgtog. Die ondersoek duur voort.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Nou weet almal hoekom die diere in die wildtuin so skaars raak.
geld maak baie mense se koppe deurmekaar
Verraaiers!
Hoe het hul dit reg gekry ?
Skandevlek op baie bewaarders wat ernstig en toegewyd aan hulle werk is.