Verdagte vas ná moord op korrektiewe beamptes

(Argieffoto: Reint Dykema)

ʼn Verdagte sal binnekort voor die Tsakane-landdroshof aan die Oos-Rand verskyn in verband met die moord op twee korrektiewe beamptes.

Die twee beamptes van die departement van korrektiewe dienste is verlede maand in Duduza doodgeskiet terwyl hulle ʼn vrygelate gevangene wat sy paroolvoorwaardes verbreek het, probeer opspoor het.

Die beamptes is op 12 Julie in Duduza doodgeskiet en een van die beamptes se vuurwapen is ook gesteel.

Volgens brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, was ʼn multidissiplinêre span Woensdag in Etwatwa toe hulle die voertuig opgemerk het waarin die verdagte gery het.

“Die bestuurder van die voertuig het weggejaag toe hy agterkom dat hy agtervolg word. Die span het die motor agternagesit en voorgekeer waarna die verdagte in hegtenis geneem is.”

Daar is beslag gelê op ʼn vuurwapen en ammunisie wat aan een van die vermoorde beamptes behoort het. “Die span het die verdagte na sy woning geneem waar beslag gelê is op ʼn ongelisensieerde vuurwapen wat vermoedelik die moordwapen was.”

Die twee vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Witbaard ·

Dit is omdat parool uitgedeel word aan kriminele. Ons tronke moet raak soos Suid-Amerikaanse tronke vir sulke kriminele.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.