Verdagte vas na regsman se skietdood

(Foto: SAPD)

Die polisie het ʼn 48-jarige man in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 50-jarige advokaat in Laudium, wes van Pretoria.

Die twee mans het glo omstreeks 17:45 op Oujaarsdag in die straat gestaan en gesels toe die een ʼn vuurwapen uitgepluk en die ander man doodgeskiet het. Die slagoffer is op die toneel dood verklaar en is later as ʼn plaaslike advokaat geïdentifiseer, het lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, gesê.

Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en beslag is op die vermeende moordwapen gelê. “Die motief vir die moord kan nie in die stadium bevestig word nie.”

Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.