Dis net drie dae in Johannesburg, maar dis drie maande se energie wat saam met ons bagasie by die lughawe inweeg. Elke stad het beslis sy pluspunte en Egoli het beslis haar glanskant vir ons gewys.
Lees meerAlles vir Maandag 2 Januarie 2023
Verdagte vas na regsman se skietdood
Die twee mans het glo omstreeks 17:45 op Oujaarsdag in die straat gestaan en gesels toe die een ʼn vuurwapen uitgepluk en die ander man doodgeskiet het.
Gautengse polisiebeampte in huis vermoor
Ao. Anton Seeber het geslaap toe gewapende mans Donderdagaand by sy huis ingebreek het.
Parlement-brand: ʼn Jaar later
Daar sal later die week meer inligting bekendgemaak word oor die herbou van die parlement nadat dit presies ʼn jaar gelede tydens ʼn vernietigende brand ernstig beskadig is.
Mark Pilgrim vra jawoord op Oujaarsaand
Die radiopersoonlikheid Mark Pilgrim het op Oujaarsaand, net dae nadat hy uit die hospitaal ontslaan is, sy vriendin gevra om te trou.
Onderbroke vas op almal se lippe
Onderbroke vas (“intermittent fasting”) is ʼn gewigsverlies- of dieetstrategie wat al hoe gewilder wêreldwyd word. Volgens gesondheidskenners hou dié dieet, benewens gewigsverlies, belowende voordele.
SA swemlegende se Olimpiese medalje gesteel
“Sy is uiteraard nogal teleurgesteld, maar probeer positief bly.”
Kenners sê dié kapsels, kleure gaan vanjaar gewild wees
“Weg is die dae van styf en gedefinieerde krulle en die tendens dat elke liewe haartjie perfek in sy plek moet wees.”
Bekende Marvel-akteur kritiek na ongeluk
“Sy familie is by hom en hy ontvang uitstekende sorg.”
Vier dood na helikopters bots
Voorlopige ondersoek dui daarop dat die helikopters gebots het toe die een opgestyg en die ander een geland het.
Vier meisies verdrink op Nuwejaarsdag
Vier meisies, tussen agt en 14 jaar oud, het op Nuwejaarsdag tydens twee afsonderlike voorvalle by onderskeidelik Kenton-on-Sea in die Oos-Kaap en Groot-Brakrivier in die Wes-Kaap verdrink.
Huldeblyke ná Dolf van Niekerk sterf
Huldeblyke stroom in op sosiale media na die dood van die bekroonde skrywer Dolf van Niekerk.
Resep: Geroosterde murgpampoentjie-, lemoen- en rooi uie-slaai
ʼn Vars slaai is nooit te versmaai nie.
Gedagte vir die dag: Hemelse visie
“My gedagtes is anders as julle s’n, en julle paaie is nie my paaie nie,” sê die Here. “Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is wat Ek doen, hoër as wat julle doen, en my gedagtes hoër as julle gedagtes.” Jesaja 55:8-9