Bekende Marvel-akteur kritiek na ongeluk

Jeremy Renner (Foto: Theo Wargo/GETTY IMAGES NORTH AMERICA/Getty Images via AFP)

Die akteur Jeremy Renner, wat bekend is vir sy rol as Hawkeye in verskeie Marvel-rolprenttreffers, is in ’n kritieke maar stabiele toestand ná ’n ongeluk.

Renner het sneeu geploeg toe hy ernstige beserings opgedoen het, het ’n verteenwoordiger van die akteur aan The Hollywood Reporter en Deadline gesê.

Dit is nog nie duidelik waar die ongeluk plaasgevind het nie. “Sy familie is by hom en hy ontvang uitstekende sorg,” het die verteenwoordiger van die akteur bygevoeg.

Renner (51) is vir Oscars benoem vir sy rolle in The Hurt Locker en The Town.

Hy is veral bekend vir sy rol as Clint Barton, ook bekend as die superheld Hawkeye, in verskeie Marvel-rolprente en ’n onlangse minireeks.

Renner besit ʼn eiendom naby Mt Rose-Ski Tahoe, ʼn ski-oord naby Reno in Nevada wat erg deur die onlangse sneeustorm getref is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.