Gedagte vir die dag: Hemelse visie

 berge-wolke-stiltetyd-danfador.jpg

Foto: danfador/pixabay.com

“My gedagtes is anders as julle s’n, en julle paaie is nie my paaie nie,” sê die Here. “Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is wat Ek doen, hoër as wat julle doen, en my gedagtes hoër as julle gedagtes.” Jesaja 55:8-9         

Geestelike visie wys vir jou ’n prentjie van die toekoms wat God vir jou beplan het. Wat sien jy op die oomblik in daardie prentjie van jou toekoms? Is dit gevul met God? Dit is slegs wanneer jy jouself leegmaak van jou eie planne en drome vir jou toekoms dat God jou kan vul met sy visie.

Slegs wanneer jy die omvang van jou sonde besef, gebroke daaroor voel, ontslae raak daarvan en jouself met God vul, begin jy die prentjie van jou toekoms duideliker sien. Slegs dan kan jy God se werk in jou lewe en in die wêreld uitvoer.

Hoe sien jy God se visie vir jou toekoms?

Bron: Wees sterk en standvastig
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.