Verkeersbeampte sterf in wrede aanval, nog een ernstig beseer

(Argieffoto: Twitter)

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Sondag bevestig dat een van sy nasionale verkeerspolisiebeamptes in ʼn wrede aanval vermoor is, met nog ʼn beampte wat beserings opgedoen het.

Die aanval het Sondag in die vroeë oggendure plaasgevind toe die beamptes, wat naby Diepsloot in Johannesburg aan diens was, kos by ʼn nabygeleë vulstasie gaan haal het.

Daar word vermoed dat ʼn misdaad aan die gang was toe die beamptes onwetend by die vulstasie ingery het. Die twee beamptes het daarna in ʼn koeëlreën beland waarna een van die beamptes noodlottig gewond en op die toneel dood is en die ander beampte ernstige beserings opgedoen het.

Hy is per helikopter na die hospitaal geneem waar hy vir sy kritieke beserings behandel word.

“Die RTMC is diep hartseer oor die tragiese gebeurtenis en betuig sy innige meegevoel met die familie, vriende en kollegas van die beampte wat gesterf het,” lui ʼn verklaring.

“Ons bid vir die spoedige en volle herstel van die beseerde beampte.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Cabous like braai ·

Daar gaan nie eens meer as 2 ure verby op n dag wat mens lees van moord en roof nie …..

Waarnemer ·

En wie moeg ons bedank vir al die chaos en moord en rooftogte jn die land……die a en die c.

Goldy ·

En voor die, wie dei eintlike skuldiges is, die wat vir hulle in die vroee 1990s gestem het ten spyte van die korrekte voorspellings.

Cherokee ·

De Klerk se stem was nie die enigste. Hy het hope ondersteuners gehad.

Bolandse Nooi ·

Karoo, wat is ‘n nooseloose moord? ‘n Moord wat sonder (loose) ‘n “noose” gepleeg word?

Grassie ·

Ons land is al hoe meer besig om in algehele anargie te verval. ‘n Bekende ekonoom het enkele jare gelede gesê die land is soos ‘n stoomtrein sonder remme op ‘n afdraande spoor wat na ‘n afgrond lei.

Vrystaat2109 ·

Simoatie aan die families, en Al hierdie moorde word gepleeg met wettige wapens, terwyl ‘n polisie beampte wat wapens aan kriminel verkoop het ook nou Ramaphosa se bestie gekry het nadat bewys is hoeveel misdade met daardie wapens gepleeg is.
Well done anc.

Gert ·

Daar is n Whatapp voice note wat rondgaan oor n man wat afgetrek is, gedreig is, ge-intimideer is en dan deur een van die makkers in detail vertel word dat n sindikaat betrokke is in die sekere verkeers afdelings wat mense aftrek en dan afpers. Die man deel ook in detail wat met hom sal gebeur as hy nie sou betaal nie….. Ek wonder maar net.

Bolandse Nooi ·

Wat het die what’s app voicenote te doen met twee onskuldige mense wat beseer en gedood is terwyl hulle op patrollie was en op die verkeerde tyd, op die verkeerde plek was toe hulle net vir hulle iets te ete wou gaan koop?

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Wees nie bekommerd en bevrees nie: Suid-Afrika is ‘n lid van BRICs en BRICs gaan suid-afrika-tjie se probleempies help oplos.

Lillian ·

Vandag ‘n baie waar ding gehoor by iemand, hy sê ons werk vir hierdie sindikate… Dit is só waar. Sindikate regeer ons land en ons werk vir hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.