Verkiesing: DA sê oor moontlike koalisies

DA-LP James Selfe (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die DA het Woensdag gesê die party gaan wag dat stemme eers uitgebring en getel is voordat enige besluit oor moontlike koalisies gemaak kan word.

DA-LP James Selfe is deur joernaliste by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria gevra of die amptelike opposisieparty daaraan dink om weer in koalisie met ander partye, soos onder andere die EFF, te tree. Selfe het hierop geantwoord hy wil hom nie nou uitspreek oor watter moontlike koalisies die DA sal oorweeg indien koalisies ooit ter sprake is nie.

Volgens Selfe is die DA geen vreemdeling as dit by koalisies kom nie aangesien dié party reeds vantevore in koalisie met ander partye by verskeie munisipaliteite en provinsies was. “Ons weet hoe koalisies werk. Om te regeer in koalisie is nié maklik nie,” het hy gesê.

“Ons gaan beslis nie nou besluit oor moontlike koalisies nie. Ons gaan wag tot die stemme uitgebring en getel is. Ons het wel ander partye se manifeste sorgvuldig geassesseer vir ooreenkomste en verskille. Indien dié verskille te veel is, sal ons beslis nie in koalisie met só ʼn party gaan nie,” het hy verduidelik.

“Kom ons kyk eers watter partye watter persentasie in die verkiesing kry en dan kan ons kyk met wie ons moontlik in koalisie kan gaan.”

Selfe het aan die media erken dat die DA se koalisie met die EFF tog vrug gedra het. “As jy kyk na dienslewering in Johannesburg, dink ek dit het. Ons het baie in die Stad Johannesburg bereik. Ons het baie dinge omgedraai soos die feit dat ons korrupsie van R28 miljard ontdek en stopgesit het. Dit is ʼn groot prestasie.

DA-LP James Selfe praat met joernaliste. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

“Ek dink ons het die manier verander waarop die stad regeer word. Dit is baie meer doeltreffend en koste-effektief en dít is deur die EFF moontlik gemaak.”

Die LP het egter gesê munisipale regerings en ander sfere van regering verskil hemelsbreed.

Volgens Selfe verwag die DA om weer in die Wes-Kaap te wen, maar natuurlik is dit in die stadium te vroeg om te sê. “Gauteng gaan interessant wees aangesien die moontlikheid bestaan dat die ANC nie 50% van stemme in dié provinsie gaan kry nie. Daar is ʼn moontlikheid dat dit in ander provinsies ook kan gebeur.”

Hy het gesê meningspeilings toon dat die meerderheidsparty in Gauteng verdeeld en ongewild is. “Dié peilings het ook getoon dat [die DA] se steun in die provinsie sterker word en ons doel was nooit om die provinsie alleen te wen nie, maar in samewerking met ander. Ons doel was om die ANC se steun onder 50% te kry en dan ʼn ander regering saam met iemand te vorm. Ek dink nog steeds dit is moontlik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Pieter du plessis ·

Nou wat het geword van hulle leuse n stem vir n klein party is n stem gemors ,die klomp lieg so vir die stadige kiesers hulle stories klink nie eers eenders nie.

smurfie ·

As hulle n koalisies met die EFF moet vorm, dan het hulle ons verraai!
Ek dog hul waardes is nie dieselfde nie?

Frik ·

DA was gewees. Interessant hoe hul nou vry na Afrikaner-stemme. Word oorval deur hul smeek-sms’e om DA te stem. Basta!

Andre ·

En dit is hoekom ek nie gestem het nie, jy kan mos nie vir twee partye stem nie hulle sal mekaar sleg se maar vanaand le hulle lepel

Pieter du plessis ·

Mense wat te lui of te slim was om te gaan stem beskou ek as n skande vir sy mense en sy kinders en behoort nie saam te gesels nie.

jaco ·

geagte DA
as julle koalisies wil vorm wat definitief gaan werk, moet dan ASSEBLIEF nie julle fout van Nelson Mandelabaai herhaal nie. Daar het julle n wit man burgermeester gemaak, wat tot kritiek van koalisievennote en ander politieke partye gelei het. aanvaar tog nou maar die beginsel van “majority rules” en sommer ook die beginsel van raskwotas en regstellende aksie en BEE. Dis tog immers alles goed WAARVOOR julle gestem het. Om wit DA lede die hoogste jobs te gee, is in elk geval beledigend teenoor die bruin en swart lede wat julle het, en dit beledig ook die bruin en swart kiesers wat moeite gedoen het om vir julle te stem.

TLC ·

Het julle wragtag julle kiesers so verraai
Sies man jul moes dit al gister gese het
Nes CR lieg vir jul mense n pad oop

CHAPPIES ·

Haaahaaahhh…en dié gek, wat nog enige politikus of party glo,moet vir n breinskandering gaan…

Ja Nee ·

Blankes minder as 10% van die bevolking natuurlik gaan hulle koalisies moet form, anders wat se kans is daar dan. Minder as niks!

Lulu ·

Dis hoekom ek nie DA gestem het nie. Hulle beteken in elk geval niks nie. Mens kan hulle nie vertrou nie. Hulle is vol leuens. Belowe alles maar doen niks.

Bianca ·

Na ali stres en spanning moet maar jou GEELPERSKE MAMPOER begin uirdeel cherokee

Surfergirl ·

Presies! Die is wat Musi net 2 dae gelede kweit geraak het, and I quote… “Clearly, if the EFF say they want to slit the throat of whiteness, we can’t coalesce. I would rather remain in opposition than compromise on those principles”. So hoe dan nou?

Nee! ·

Nou verstaan ek nie…
Is hulle bereid om n koalisie te vorm met n party wat wit mense haat???
Dan beteken dit hulle het gelieg en haat wit mense ook!

willem botha ·

Die DA stemmers was gewaarsku maar weer hulle vingers verbrand sal ook nooit leer nie.

schaun ·

Dr Mulder het gewaarsku tydens die taaldebat dat Dr Lotriet die kiesers belieg ek wonder hoeveel van daai lesers wat die feite gehad het het vandag DA gestem.

Geen DA ·

Die wat DA gestrm het, het hulle stem en tyd gemors. Ek het julle gewaarsku maar ore was min. Nou moet julle nie kla nie. Julle het nou bloed op julle hande.

Cherokee ·

“Indien diè verskille te groot is, sal ons beslis nie in koalisie met sò ‘n party gaan nie” was Selfe se woorde namens die DA. Dìt sê die DA terwyl dit reeds met die EFF in koalisie was en dit weer oorweeg. Hierdie woorde van die DA sal onthou word. En ek hoop dat laat elkeen van julle DA-aanhangers wat vandag DA gestem het, rustig slaap.

James ·

Is dit nou waarvoor ek 3ure in n ry gestaan het in die reën!!!!

Cherokee ·

3 Ure in ‘n ry gestaan in die reën om indirek die EFF te bevoordeel.

Cherokee ·

Dit was vir my so lekker dat die VF+, Nasionaal en Provinsiaal verteenwoordig in Natal.

Gatvol ·

Die Da het elke party se manifes bestudeer en sal koalisies aangaan met die partye wat dieselfde of die meeste ooreenstem met hulle beleid. Nou wonder ek hoe kan hulle dan met die EFF n koalisies aangaan. Nou te laat om te sanik oor die DA. Hulle het nog nooit ons minderheidsgroep se belange op die hart gedra nie. Gelukkig het hul nie my stem gekry nie(you couldn’t fool me)

Boerboel ·

Ek het n’ uur in die reen gestaan maar VF + gestem. Ek gaan lekker slaap vannaand Anders as die DA ondersteuners wat weereens om die bos gelei is. Soos sekere mense hulle beskuldig dat hulle walglikke rassisme het. En kan nie eers die bewerings staaf nie.

Sanet ·

Siestog,ou boerboel,jys ook deur baie, kou maar lekker asn jou been vannaand,hoor! ?

hannes ·

Ek gaan vanaand lekker slaap. Het VF gestem. Of ons nou 1, 2,5 of 10 persent kry maak nie saak nie. Ek het ten minste nie my beginsels of siel prys gegee nie. Lekker slaap almal.

Dries du Toit ·

Ons VF+ gaan lekker slaap maar moenie worry nie die DA gaan ook lekker slaap want hulle is gewetenloos

Ellisras ·

My vyand se vyand is my vriend. Soms moet jy dinge in die poletiek doen wat teen jou grein gaan. Om ‘n ander groter euwel te voorkom. Dit staan algemeen bekend as realisme. Idealisme werk net in ‘n ander wêreld, nie in die regte wêreld nie.

CHAPPIES ·

Redeneer,blaf of grom nou maar klaar… die anc gaan weer wen!!
Passop as die EFF die tweede grootste politieke party gaan word…
TYD dat ons,100 ander met 1 setel begin planmaak

Dawid ·

ONS KORT Ñ DONALD TRUMP OM SA TE RED SAAM MET BAIE GENADE VAN BO AF!!!’

Cherokee ·

Sê ek, as Donald Trump aanhanger vir jou, jy droom van feetjies in die woestyn. Dit is omdat jy so skreeu dat jy nie mooi dink nie, Dawid. Wat sal Donald Trump doen om Suid Afrika te red? 60 Miljoen stemreg ontsê?

Ellisras ·

Ons het die ekwivalente van Trump gehad. Sy naam was Zuma. En dit was ‘n vet gemors.

SjN ·

Al verloor my minder waardige party het ek my gewete nie verkrag nie, jy kan hul nie vertrou nie, hoop Fw, Roelfie en Kie slaap lekker.

Cherokee ·

Maar interessant genoeg, jy sal vind dat die DA-aanhangers, die mense wat James Selfe se taal praat, nie van Donald Trump hou nie. Eintlik verstaanbaar.

Se maar net ·

So bly ek het nie DA gestem nie. Hul beleid verander soos die wind. Net soos dit hul pas.

Bea ·

Ja almal wou mos se stem DA gelukkig het ek nie.. En sal ook nooit

Akker ·

Vir al diegene wat so opgewerk raak wil ek graag vra, wat is beter: om ‘n minderheid stemme te kry en saam ‘n opponent in die maglose massa te verdwyn of om saam die einste te regeer (vir ‘n bepaalde tydperk), beter te doen as die status quo en in die proses kan keer dat die opponent ‘n gehele radikale rigting inslaan?

Cherokee ·

Maw Akker (en Derek) as jy ‘n straatgeveg sien, vra jy nie waaroor die geveg gaan nie, maar skaar jou onmiddelik by die grootste groep.

Derek ·

Soms het mens nie n keuse nie, soms moet jy dinge maar maaaaaak werk…trors DA !

Theoman ·

X se om die 2 XX agter die VF Plus te trek is om te brul van plesier

Ann ·

Al manier hoe mens van die anc gaan ontslae raak is ongelukkig om koalisies te vorm met die ander kleiner partye. Raak eers onslae van die een groot “evil” dan kan jy stem soos jou hart wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.