Verkragtings, daggakoekies: LUR bekommerd oor ‘swak dissipline’ by skool

(Argieffoto: pixabay)

Die Gautengse departement van onderwys het ʼn ondersoek gelas na ʼn “vlaag kommerwekkende voorvalle van swak dissipline en wanbestuur” by die Hope-skool vir leerders met spesiale opvoedkundige behoeftes (LSEN) in Westcliffe, Johannesburg.

Van die voorvalle van swak dissipline sluit in twee beweerde voorvalle van verkragting by die skool.

Volgens die departement het die jongste voorval laat verlede maand plaasgevind. “ʼn Gr. 12-leerder het glo ʼn gr. 4-seun by die skoolkoshuis verkrag,” sê Steve Mabona, departementele woordvoerder.

“ʼn Vorige voorval het op 14 Februarie vanjaar plaasgevind, toe ʼn gr. 9-seun glo ʼn gr. 8-meisie verkrag het.”

In albei gevalle is klagte van seksuele aanranding by die polisie aanhangig gemaak en albei vermeende oortreders is geskors. Die gr. 12-leerder mag wel sy matriekeksamen by ʼn ander skool aflê.

“Ons amptenare is in deurlopende verbinding met die ouers van al die geraakte leerders en gee die nodige ondersteuning aan hulle.”

In nog ʼn voorval – op 14 September vanjaar – is ʼn leerder in ʼn hospitaal opgeneem nadat ander leerders sy elektriese rolstoel ontsluit het. Die leerder het beheer oor die rolstoel verloor en ernstige beserings opgedoen.

“Die voorval het glo ná skool, terwyl die leerder op die skoolgrond gespeel het, plaasgevind,” sê Mabona.

Die beseerde leerder het steeds nie teruggekeer skool toe nie en sterk tuis aan. Daar is reeds tugstappe teen die ander betrokke leerders van stapel gestuur.

ʼn Leerder het in ʼn afsonderlike voorval ook daggakoekies skool te gebring en dit met sy maats gedeel. Onderwysers het die voorval aangemeld nadat hulle vreemde gedrag by die leerders opgemerk het. Altesame agt leerders het daarna positief vir dwelmgebruik getoets. Die kind wat die koekies skool toe gebring het, is geskors.

“Die voormalige skoolhoof is gevolglik van verskeie vermeende oortredings aangekla, maar sy is by die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (ELRC) van die klagtes teen haar vrygespreek. Die departement werk onophoudelik om ʼn gemeenskaplike oplossing oor die skoolhoof se terugkeer te vind en te verseker die skool word doeltreffend bedryf,” sê Mabona.

Dit is egter belangrik dat ʼn behoorlike ondersoek na die omstandighede van al die voorvalle gedoen word en individue moontlik aanspreeklik gehou word, sê hy. “Die departementele stappe sal gelyklopend met die polisieondersoek na die kwessies by die skool gedoen word.

“Ons hoop die polisie sal die sake hanteer met die sensitiwiteit wat dit verdien. Ons doen ʼn beroep op personeel, leerders en ouers om sulke voorvalle deur ons distrikskantore by die departement aan te meld sodat dit behoorlik ondersoek kan word,” sê Mabona.

Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, het voorvalle van wangedrag – wat die waardigheid van leerders by opvoedkundige instellings ondermyn – ten sterkste veroordeel.

“Ons hoop die ondersoek sal help om voorvalle van swak dissipline en wanbestuur uit te roei. Skole word aangemoedig om hul gedragskode af te dwing om tugsake te hanteer.

“Swak leerderdissipline sal nie in ons skole geduld word nie,” sê Chiloane.

Hy het ook ʼn beroep op ouers en onderwysers gedoen om saam te werk en mekaar ten alle tye respekteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hendrik ·

Gebeur hierdie oortredings in die 4000 funksionele skole of 21 000 disfunksionele skole? Spreek die probleem aan waar dit gebeur en moenie veralgemeen nie. Ons almal weet wat aangaan en praat reguit om die probleme op te los. Ter wille van die kinders.

domheks ·

Nie net skole wat verval nie, die hele land is verval, en wie kan ons daarvoor bedank?

Hussin ·

Dit is wat gebeur as alle moraliteit in die wind gegooi word. Almal het mos regte…

Dup ·

Transformasie van hierdie eens funksionele land,spoed voort.Die vraag nou is,waarom val alles uitmekaar? Die antwoord is dat onbevoegde mense soms in posisies van mag aangestel word.Ons kan net toekyk hoe die staat,semi-staat,universiteite,skole en infrastruktuur in duie stort.Bendes het deel geword van die skool omgewings.

Goldy ·

Dit is aanvaarbaar vir die massas in die land soos hulle gaan wys in die komende verkiesing, hulle bring dit ook nie op in die parlement nie. Ons waardesisteme is totaal verskillend, en ons moet ophou om ons waardesisteem aan hulle te wil afdring. Saamgooi van onversoenbare kulture werk nie, aanvaar dit nou en stem daarvolgens.

SwartBees ·

Wat het julle gedink gaan gebeur as die duiwel los gelaat word?! Wees eerlik, ons kan maar sê wat ons wil, mm gaan seker die kommentaar delete, maar ou Krokodil was reg.

Delia ·

Bring terug die Bybel in AL ons skole.
Bring terug die pakslae .
Dissipline begin in die huis.
Nie die skool se primere taak nie

Truman Burbank ·

Moet hul die gedeeltes van die bybel saam terugbring waar volke in opdrag uitgemoor word, die verkragtings waar soldate gese is hul mag vir hul maagde kies?

Elma ·

Van wanneer af is verkragting swak dissipline? Dis n kriminele oortreding!

Delia ·

Truman. Daar is stories en geskiedenis in die Bybel ook. Bedoel ek steek jakkalse se sterte aan die brand en jaag hulle in die landerye in soos Salomo. Nee. Ek praat eintlik van die 10 gebooie.
Wat is jou voorstel vir die chaos in skole.

Fontein Tannie ·

Transformasie het wel in SA plaas gevind! In tru-rat reguit af in n mynskag!!

Lizanne ·

Werk self in onserwys. Onderwysers se hande is afgekap… jy kan alles in plek he en al die dissipline stappe neem en steeds sal die kind wegkom met dit. Boelies beheer die skole… Dis staat se skuld dat kinders so is. Geen gevolge vir dade…

Truman Burbank ·

In 1978 het onderwysers vermoed dit gaan oorspeol van onder andere britanje en amerika tot hier. Almalo is al afgetree en seker dankbaar. Want onderwys is n nagmerrie

Debbie ·

Waarom nou kerm oor swak dissipline by skole?
Julle het dissipline by skole en by die huis weggeneem, verbied. Gaan huil op iemand anders se stoep. Al hierdie probleem kinders is te danke aan die ANC

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.