Vermeende dwelmmuil Vrydag in hof

Argieffoto

Henicha von Wielligh (21), wat by OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is in verband met die besit van dwelmmiddels ter waarde van R1 miljoen, sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Kempton Park verskyn.

Von Wielligh sal na verwagting aansoek doen om borgtog ná sy verlede week Donderdag in hegtenis geneem is, het kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê. Die Valke se eenheid wat ernstige misdade ondersoek, het haar aangekeer.

“Toe hulle haar bagasie deursoek, het hulle op ʼn wit poeierstof afgekom. Dit is as 2 kg heroïen geïdentifiseer,” het hy bygevoeg.

Von Wielling was op pad na Mauritius.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Chris Ws ·

Ai -ai-ai !Nou is die persoon diep in die bruingoed (en dis NIE modder nie!)

SjN ·

Die verskil tussen daai bruin goed en tandepasta, jy ruik die fluoried

marous ·

As sy alles op eet in die hof kan sy maar op waarskuwing vrygelaat word.

Ts ·

Hierdie is dieselfde meisie wat op Twitter gesê het die Dros verkragter is onskuldig omdat hy wit is en dit nie in ‘n witmens se aard is om so iets te doen nie ens. Seker ook geredineer dis okay om dwelms te smokkel en niemand sal haar vang nie. Nou toe.

Abe ·

humor,
Dis nie n klat op n naam nie, dis n uiters laakbare misdaad en n mens kan jou skaars n daad voorstel wat groter skade kan berokken.

Db ·

Baie lewens gespaar deur hierdie muil vas te trek. Mooi so hou aan om hulle uit te haal

Madelein ·

Sy moes deurgegaan het tot in Mauritius dan sal sy haar agter ent gesien het daar is wette. SA wetteloos.

Liena ·

Stem 100% saam Madelein. Nie net in Mauritius nie maar in baie ander lande. Sy gaan seker nog borg ook kry, hoe pateties!!! Terwyl ouers en families deur hel gaan agv dwelm gebruik.

Wie weet ·

Goed en wel dat hulle haar gevang het sy is nog bloed jonk waneer vang hulle die mense wat hierdie drugs aan die jong mense verskaf hulle kom skot vry weg en die jonges sit agter tralies en dit als vir vinige geld

Poppie ·

As ek na haar FB kyk, lyk dit of sy ‘n klein seuntjie ook nog het. Arme kind.

Ryno ·

Ek wonder as dwelms wettig is, of die verbruik regtig dramaties gaan styg? Dagga is semi-wettig, en dit lyk nie asof die samelewing veel verander het nie.
Sal wettiging nie die prys so laat val dat dit nie meer winsgewend is om dit te maak nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.