Drie van ‘blouligbende’ doodgeskiet

ʼn Hoëspoedjaagtog op die N3 het uiteindelik in ʼn oor-en-weer-skietery ontaard. (Foto: SAPD)

Drie verdagtes wat vermoedelik deel is van ʼn blouligbende wat rooftogte op die N3 tussen Villiers en Heidelberg uitvoer, is Sondagaand deur lede van ʼn multidissiplinêre taakspan doodgeskiet.

Brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting oor die vermeende bende wat glo “bloulig-rooftogte” met ʼn Toyota Hilux-bakkie uitvoer, opgevolg. ʼn Multidissiplinêre taakspan is gevolglik ontplooi wat die verdagtes op die N3-snelweg by Grootvlei in Mpumalanga opgespoor het.

Die betrokke voertuig het ʼn blou lig opgehad.

Die polisie het beslag gelê oop twee ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, ʼn blou lig en die verdagtes se voertuig. (Foto: SAPD)

“Die verdagtes het die polisie gesien en weggejaag, wat tot ʼn hoëspoedjaagtog in die rigting van Zonkizizwe in Ekurhuleni gelei het.

“Die verdagtes het op die beamptes begin skiet en die span het teruggevuur. Drie verdagtes is doodgeskiet en een het te voet van die toneel gevlug.”

Muridili sê die polisie het verder beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, ʼn blou lig en die verdagtes se voertuig.

Die multidissiplinêre span bestaan onder andere uit lede van die polisie se nasionale teenintelligensie-eenheid, Secunda-misdaadintelligensie, lede van Gauteng se taktiese reaksiespan en teenbende-eenheid, Valke-opsporingspan, K9-eenheid van Johannesburg en verskeie private veiligheidsmaatskappye.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Keelvol ·

@willie, daai is nie n R5 wapen nie. Daai tipe wapen word nie deur die SAPS gebruik nie, maar wel tog deur sekuriteits maats kapot wat geld vervoer soos bv, SBV, fidelity Guards, G4S end.

Hannes ·

Korrek Keelvol, daai is n “Dashprod” nie n R5 soos Willie beweer nie. Staan vir ‘Dave Sheer Product’. Gebruik wel die selfde kaliber rondte as n R5. En, Willie, enige lid van die publiek kan n semi-automatiese weergawe van n R5 koop en lisensieër. Hulle lyk presies dieselfde as n SAPD R5, word n LM5 genoem. LM5 kan net nie automaties skiet nie. Sommige sekuriteids maatskappye gebruik LM5s ook

Kokerboom ·

Welgedaan SAPS. Michael as dit die geval was is dit regso. Hul hoort nie in SAPS!

Casper ·

Dit lyk beslis nie soos ‘n R5 nie.Ek praat onder korreksie maar ek dink dit is net plaasboere wat ‘n lisensie kry vir die LM 5.Ek wou aansoek doen maar die aansoe is afgekeur omdat ek nie op ‘n plaas bly nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.