Vermeende plaasaanvaller vasgetrek

Die vuurwapen wat in een van die verdagtes se besit gevind is. (Foto: Heritage Protection Group)

ʼn Vermeende plaasaanvaller en ʼn tweede verdagte is Donderdag deur die polisie, lede van AfriForum se Marble Hall-buurtwag en lede van Heritage Protection Group (HPG) vasgetrek.

AfriForum sê in ʼn verklaring daar word vermoed dat een van die verdagtes vroeër by ʼn plaasaanval in die omgewing betrokke was aangesien ’n vuurwapen wat tydens dié aanval gesteel is, in sy besit gevind is.

Die boer in die betrokke aanval, wie se naam weens veiligheidsredes weerhou word, is erg aangerand tydens dié plaasaanval in April vanjaar en daar is op sy gesin geskiet. Die plaasaanvallers het onder meer vuurwapens geroof, waarvan een nou teruggevind is.

Luidens die verklaring volg die twee se inhegtenisneming op inligting wat ingewin is en ’n goed beplande klopjag deur die AfriForum-buurtwag, HPG en die polisie. Gesteelde goedere, wat vermoedelik tydens ander plaasaanvalle en huisbrake gebuit is, is ook teruggevind.

Bertus Homan, AfriForum se veiligheidsvoorsitter van die Marble Hall-tak, sê hierdie is ’n goeie voorbeeld van wat bereik kan word as gemeenskapsveiligheidsorganisasies goed saamwerk om die gemeenskap by te staan en om ’n gesamentlike doelwit te bereik.

“Dit is vir ons as buurtwag uiters belangrik om saam met ander organisasies en die polisie te werk om ons gemeenskap te beveilig. Ons kan duidelik ’n groot verskil sien waar ons saamstaan en mekaar ondersteun. Ons sal verantwoordelikheid vat vir ons eie veiligheid en om ons mense te beskerm,” sê Homan.

Llewellynn Hemmens, AfriForum se assistentveiligheidskoördineerder van gemeenskapsveiligheid vir die Noordstreek, het op sy beurt mense aangemoedig om betrokke te raak by veiligheidstrukture in hul omgewing sodat dié strukture uitgebrei kan word. “Hoe meer mense betrokke raak, hoe meer suksesse kan behaal word. Op hierdie manier kan ons ’n vry en veilige toekoms vir ons gemeenskappe bewerkstellig,” sê Hemmens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Koos ·

Die oomblik wanneer nie-regeringsorganisasies betrokke raak, volg positiewe resultate.

Mooi so!

Wys jou net wat kan gedoen word.

Pieter du plessis ·

Dankie Afriforum ons weet wie was verantwoordelik vir die ondersoek en die arrestasies, en ons weet ook sou dit vir die polisie gelos was sou die aanvallers seker nooit opgespoor word nie.

pan ·

Ek is bly Afriforum begin om die mense veilig te hou maar ek weet nie of dit so goed is om saam met die polisie te werk nie,kan mens hulle vertrou?

anni ·

PAN, JA JY KAN POLISIE VERTROU. WENS JULLE WIL ALMAL OPHOU OM DIE SLEGTE IN HUL TE SIEN. WEET JY WAT DAAR IS NOG GOEIE’S TUSSEN HULLE. AS HUL SO SLEG GESE WORD, SAL EK OOK NIE MY BESTE GEE NIE

PaulV ·

Anni; baie van hulle kan glad nie vertrou word nie. Duisende het kriminele oortredings agter hul naam, met misdade so ernstig soos verkragting en moord. As ek so sleggesê word, sal ek juis my beste gee om ‘hulle’ verkeerd te bewys.

pan ·

Anni .Die DA het op hulle verkiesingsveldtog plakkate op gehad wat sê as hulle wen sal hulle eerlike en bevoegde polisie aanstel nou wat het ek gemis?

Chris ·

Ja jy kan. Ken n paar wat hulle werk doen.

Mooi Afriforum en res.

? leser ·

GOOD SHOW, dankie afriforum, hpg en ander wat betrokke was om die skurke vas te trek, meer sulke aksies sal meer vertroue inboesem by gemeenskappe
suutjies, laat die polisie maar verder slaap

Ruiklont ·

Wel gedaan, baie dankie vir die prysenswaardige werk. Glo my daar is baie, menigte wat opreg waardering het vir jul werk

anni ·

Die DA het dit gesě sodat daar gestem word vir hulle. Wat het die ANC belowe, MEER polisie lede. Ek vra net asb sien Ons Wat vir staat werk, Wat hel skaam Kry daaroor net in ander lig. Ons kan ni help vir die res Wat rekords agter name het nie. Ons werk reeds ekstra harder om op te maak vir res se wandade. Dis nie in ons hande oor Wie en hoe hul aangestel word nie. Nie een van julle weet wat gaan aan nie. Jul lees van Al die slegte goed, en oh Ja nou is Ons almal ewe sleg. Ons kan nie pa staan vir die res nie. Wys vinger na president en Sy mede kollegas. Julle Weetni hu mut Ons baklei, hofsake doen om bv net n bevordering te Kry nie. So vir Ons almal Wat nog OORDENTLIK, EERBAAR SKOON IS SONDER Rekords maak dit bietjie seer oor die lelike kommentaar. Dink net bietjie daaroor. En sě net een keer, haai my maat Dankie vir Wat Jy probeer doen. Dankie julle.

Pieter du plessis ·

Anni,dankie vir wat jy en goeie polisie doen hou so aan .

Johanna Botha ·

Die polisie kry niks reg nie en tree net reaktief op …dis mos maar net n job vir hulle van hulle is ook self betrokke by misdade en het self rekords

anni ·

Ja Johanna dit is so, want J werk mos ook vir die SAPD. Dankie aan die res van julle Wat verstaan oor Ons Wat nog wit is en poging aanwend om te help. Ons kan nie help dat di opleiding van jare terug en nou hemels breed verskil ni, ons kan ni help oor hul misdasd rekords nie. Mag jul almal behoed en bewaar word.

Gert ·

anni, my hart gaan uit na jou toe. Baie dankie vir jou en al die ander goeie polisielede, ons waardeer dit.

anni ·

Gert, ek waardeer. Hoop Jy en jou familie word behoed en bewaar.

Oujongvrou ·

Anni my kinders was ook in die polisie diens hier. Hulle is New Zeeland toe en een werk nou vir die Justisie daar en ander een is by die gevangenis. En hulle was al oor 40 jr oud. Nog nooit so goed gegaan met hulle nie. Hier kry julle nie eers n ordentlike salaris nie. Odankbare werk, lang ure, en min geld. Dis skandalig wat die regering aan julle doen.

anni ·

Oujongnooi, jy weet waaroor die staatsdiens gaan. Glo my as ek baaaaaaaaaaie geld het, sal ek vet huis. Maar Ongelukkig moet ek agter Bly en probeer red Wat die oor gewig, slegte ens., polisie nie in staat is om te doen nie. Seen vir jou en jou ver kinders.

Attie. ·

Dis eenvoudig so dat baie van ons sien Poisie nie meer as ons mense nie, dan bedoel ons die oorgewig manne watin jou huis sit en sweet wanneer hulle jou verklaring afneem in Engels. Daar is nog baie goeie polisie in ons land maar hulle is te min om regtig op te maak vir die res. Daar behoort ‘n polisie wet te wees dat sodra ‘n lid deur ‘n distriksgeneesheer as oorgewig verklaar word dan moet die lid op verpligte verlof gaan, sonder vergoeding. Baie van die polisie kan nie skelms vang nie en dit is wat die publiek raaksien. Dankie vir die appels wat weier om vrot te wees, ons het julle so nodig.

Heksie ·

Plaasaanvalle word nie minder nie, en nou wil die polisie, hul reserviste inbring om te help … Hoekom?
As oud reservis het ons met dieselfde probleme gesukkel as die permanente lede … voertuie wat nie behoorlik werk nie, te kort aan ammunisie, en ander logistiek.
So hoe gaan die reserviste ‘n verskil maak as die situasies by die stasies nie verander nie?????
Dis net ‘n weer ‘n klomp stories van die polisie om hoop te skep waar daar nie hoop is nie.

Tino ·

Kan ons asb meer uitvind oor die aanvallers?

Is hulle Suid Afrikaners en wat is hulle motiewe (dink dis retories) en waar het hulle gese of aan die idee gekom het om sommer net soo plase aan te val?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.