Veertien politieke partye sal oor die volgende vyf jaar in die nasionale vergadering verteenwoordig word met die ANC wat 230 setels sal beklee.
Lees meerAlles vir Saterdag 11 Mei 2019
Verkiesing: OVK sê nee vir onafhanklike oudit
“Dit is onmoontlik om almal tevrede te stel. Daar sal altyd diegene wees wat die verkiesing of die goeie werk van die regering wil bederf. Die meeste bewerings of bekommernisse wat geopper is, kan nie gestaaf word nie.”
Lions gee weer ’n brul op tuisveld
Tuisspan wen met ’n punt in agtdrieëfees.
Omroeper afgedank ná twiet oor baba Sussex
“Ek het aangejaag. Erg aangejaag. Maar dit was ʼn opregte, naïewe en katastrofiese fout.”
Ramaphosa: ‘SA kies steeds ANC om land te lei’
Ramaphosa het Saterdag gesê die ANC se oorwinning is ʼn bewys daarvan dat mense steeds vertroue in die party het.
Man, 6 kinders na hospitaal gehaas ná bye toesak
Die groep was glo op ʼn skooluitstappie toe die voorval gebeur het.
Vermiste gesin gevind
Die man, vrou en twee kinders wat ʼn week gelede vermis geraak het toe hulle na bewering van KwaZulu-Natal na Mpumalanga op pad was, is gevind.
Vermeende plaasaanvaller vasgetrek
Die boer in die betrokke aanval, wie se naam weens veiligheidsredes weerhou word, is erg aangerand tydens dié plaasaanval in April vanjaar en daar is op sy gesin geskiet.
Stemme klaar getel: Só lyk uitslae
Ná meer as 60 uur is die stembriewe in die sesde nasionale demokratiese verkiesing Saterdagmiddag klaar getel.
Aansoekstelsel vir Gauteng-skole ‘sal aangepas word’
Colditz sê sou die probleme nie opgelos word nie en ouers verhoed word om keuses oor aansoeke uit te oefen, is regsaksie nie uitgesluit nie
Ongewone dierepaar steel harte
Grietjie en Marietjie is onafskeidbaar en sit dadelik ‘n keel op as hulle nie mekaar kan sien nie.
Highlanders maak die agterdeur oop teen Jaguares
Die Highlanders, wat nou die lang pad na Suid-Afrika aandurf waar hulle teen die Stormers en Lions speel, se kanse is ook op ʼn meskant gebalanseer. Klop hulle die Stormers of Lions, is hul koppe straks deur.
Jong sjef verlam ná duikslag in rivier
“Die oomblik toe hy die water tref, het ek geweet iets is nie reg nie. Dit het gelyk of hy terugskiet van die onderkant af.”
Hof sê gay-uitspraak is ‘geensins onduidelik’
Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag beslis daar is geen onduidelikheid oor sy uitspraak dat die NG Kerk sy standpunte oor verhoudings van mense van dieselfde geslag moet wysig nie.
Veediefstalsaak: Vyf bly eers agter tralies
ʼn Prokureur van Pretoria en sy vier medebeskuldigdes sal minstens nog ʼn week agter tralies moet deurbring nadat hulle vroeër vandeesweek op aanklag van veediefstal en besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem is.
Bulls kou klipharde bene teen Crusaders
Besoekers druk sewe drieë op Loftus.
Politieke partye eis onafhanklike oudit van stembriewe
“Sou die OVK nie instem tot ʼn onafhanklike oudit nie, sal ons die Kieshof nader om onder meer die OVK te verplig om ʼn onafhanklike ouditeursfirma aan te stel om die oudit te doen, asook om hom daarvan te weerhou om die finale uitslae van die verkiesing bekend te maak.”
Gedagte vir die dag: Vertrou of vrees
In God, wie se woord ek prys, in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan ’n blote mens aan my doen? (Psalm 56:5)