Stemme klaar getel: Só lyk uitslae

So lyk die nasionale verkiesingsuitslae. Groen verteenwoordig steun vir die ANC, geel die DA, rooi die EFF, oranje die IVP en pers die VF Plus. (Grafika: OVK)

Ná meer as 60 uur is die stembriewe in die sesde nasionale demokratiese verkiesing Saterdagmiddag klaar getel.

Dié uitslae sal eers geoudit word voordat die finale uitslae aangekondig sal word. Janet Love, adjunkvoorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), het gisteraand gesê 1 020 stempunte sal geoudit word nadat daar bewerings van onreëlmatighede was.

Altesaam 17 671 439 stembriewe van 22 925 stemlokale is getel. Volgens die OVK was 235 451 stembriewe bederf.

Soos die uitslae tans daarna uitsien, het die ANC weer eens met ʼn oorweldigende meerderheid gewen. Die ANC het 10 026 385 (57,5%) stemme ingepalm, aansienlik meer as die DA wat met 3 621 188 (20,77%) stemme weer as amptelike opposisieparty uit die stryd getree het.

Die EFF kon daarin slaag om 1 881 389 (10,79%) stemme landswyd te werf, gevolg deur die IVP met 588 839 stemme (3,38%), die VF Plus met 414 864 (2,38%) stemme, die ACDP met 146 262 (0,84%) stemme en die UDM met  78 030 (0,45%) stemme. Die tien top-partye word voltooi deur die ATM, Good en die NFP.

Die stempersentasie in die verkiesing was 65,99%.

Die amptelike finale uitslae sal na verwagting om 18:00 by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria bekendgemaak word.

Só lyk die provinsiale uitslae:

So lyk Gauteng se provinsiale verkiesingsuitslae. Groen verteenwoordig steun vir die ANC, geel die DA, rooi die EFF, pers die VF Plus, en oranje die IVP. (Grafika: OVK)

Gauteng

ANC: 2 168 253 stemme (50,19%)
DA: 1 185 743 stemme (27,45%)
EFF: 634 387 stemme (14,69%)
VF Plus: 153 844 stemme (3,56%)
IVP: 38 263 stemme (0,89%)

Wes-Kaap

DA: 1 140 647 stemme (55,45%)
ANC: 589 055 stemme (28,63%)
EFF: 83 075 stemme (4,04%)
Good: 61 971 stemme (3.01%)
ACDP: 54 762 stemme (2,66%)

Oos-Kaap 

ANC: 1 357 137 stemme (68,74%)
DA: 310 538 stemme (15,73%)
EFF: 154 821 stemme (7,84%)
UDM: 51 233 stemme (2,6%)
ATM: 30 082 stemme (1,52%)

Noord-Kaap

ANC: 228 265 stemme (57,54%)
DA: 101 198 stemme (25,51%)
EFF: 38 527 stemme (9,71%)
VF Plus: 10 641 stemme (2,68%)
Cope: 3 400 stemme (0,86%)

So lyk KwaZulu-Natal se provinsiale uitslae. Groen verteenwoordig die ANC, helderoranje die IVP, geel die DA, rooi die EFF, en donkeroranje die NFP. (Grafika: OVK)

KwaZulu-Natal

ANC: 1 951 027 stemme (54,22%)
IVP: 588 046 stemme (16,34%)
DA: 500 051 stemme (13,9%)
EFF: 349 361 stemme (9,71%)
NFP: 56 587 stemme (1,57%)

Limpopo

ANC: 1 096 300 stemme (75,49%)
EFF: 209 488 stemme (14,43%)
DA: 78 360 stemme (5,4%)
VF Plus: 20 572 stemme (1,42%)
APC: 5 290 stemme (0,36%)

Mpumalanga

ANC: 858 589 stemme (70,58%)
EFF: 155 573 stemme (12,79%)
DA: 118 915 stemme (9,77%)
VF Plus: 29 512 stemme (2,43%)
BRA: 8 816 stemme (0,72%)

Noordwes

ANC: 590 780 stemme (61,87%)
EFF: 178 013 stemme (18,64%)
DA: 106 744 stemme (11,18%)
VF Plus: 41 269 stemme (4,32%)
UCDP: 4 630 stemme (0,48%)

So lyk die Vrystaat se verkiesingsuitslae. Groen verteenwoordig steun vir die ANC, geel die DA, rooi die EFF, en pers die VF Plus. (Grafika: OVK)

Vrystaat 

ANC: 541 535 stemme (61,14%)
DA: 155 694 stemme (17,58%)
EFF: 111 427 stemme (12,58%)
VF Plus: 35 031 stemme (3,96%)
ATM: 6 897 stemme (0,78%)

Buitelandse stemme

DA: 14 802 stemme (74,45%)
ANC: 2 153 stemme (10,83%)
VF Plus: 908 stemme (4,57%)
EFF: 765 stemme (3,85%)
ACDP: 338 stemme (1,7%)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

135 Kommentare

jongste oudste gewildste
James

Wel die volk het kies wie hulle vertrou en wil he as hulle leiers. Moet nie later kla nie, julle wat vir meerderheid gestem het,het die mense werk voorsien wat julle nou dienste moet verskaf!!!

Dries du Toit

Baie opgewonde. Die klein minderheid Afrikanerstem staan sterk verteenwoordig . +-40 % van die Afrikaner word nou verteenwoordig deur die VF+. Wat n verantwoordelikheid vir dr. Pieter Groenewald en sy span. Ons bid julle alle sterkte toe

Paul

Wat ek nie kan verstaan nie is dat al die provinsies oorweldigend vir die ANC stem maar dan stroom hulle na die Wes-Kaap om ons bronne uit te put. Bly waar julle is ons soek nie nog mense in die wes-kaap nie.

Helena.

Of jy gestem het of nie gestem het nie..geen klagtes gaan gehoor word nie..so bly dis oor en verby en die blf is nerêns in sig nie..die spul narre.

Johan Pretorius

Die bal is in Ramaphosa se hande. Hy kan dit speel of aanslaan. Hy sal eerstens moet ontslae raak van al die ongure karakters in sy kabinet. Van hulle behoort oranje klere te kry en in die tronk opgesluit te word. Die groot probleem is die baie skelms wat in die Staatsinstansies werksaam is. Hulle sal vervolg moet word. Daar is ook baie munisipale raadslede en amptenare wat ondersoek en vervolg moet word. Die VBS fiasko sal ook behoorlik ondersoek moet word en die nodige regstellende stappe gedoen moet word. Hy kan die bal aanlslaan en Zuma se voorbeeld volg… Lees meer »