Vermiste gesin gevind

Die man, vrou en twee kinders wat ʼn week gelede vermis geraak het toe hulle na bewering van KwaZulu-Natal na Mpumalanga op pad was, is gevind.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, het bevestig Jacqueline Bonita Venter (40), Trevor Thomas Stokes (53) en hul kinders, Jolene Bonita Venter (4) en Barend Johannes Venter (13), is in Kaapstad gevind. Rechner het gesê hoewel die gesin op straat was, is hulle ongedeerd en nou na veiligheid geneem.

“Daar word beweer dat hulle uit hul eie [na Kaapstad] gegaan het. Die polisie het ʼn verklaring afgeneem en maatskaplike werkers is by die saak betrek,” het Rechner gesê.

“Ons kan nie altyd meer inligting bekendmaak wanneer vermiste persone gevind word nie, maar ek wil graag baie, baie dankie aan die publiek sê sonder wie se hulp hierdie resultate nie bereik sal kan word nie.”

Maroela Media het vroeër berig Venter, wat ver swanger is, Stokes en die twee kinders is op 4 Mei by ʼn busstasie in Durban afgelaai waar hulle na bewering ʼn bus of taxi na Standerton of Secunda in Mpumalanga sou neem waar Stokes beweer hy ʼn werkgeleentheid by ʼn myn gekry het.

Nadat die gesin nie weer gesien is en ook nie op hul selfone bereik kon word nie, is ʼn soektog na hulle van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

? leser ·

wat laat my dink stokes het ander planne in sy kop gehad, op die foto van pink ladies lyk hy maar verdag

Cherokee ·

Een van die dames in die kommentaar-lys het my nou die dag so in stilte laat skaterlag toe sy na aanleiding van ‘n heel ander berig, na ‘n verdagte verwys het en gesê het “die verdagte lyk heel verdag”… :-)))

Bietjie baie ·

Die arme vrou swanger en nog erger die kinders moet sekerlik verward wees oor wat aangaan. Die probleem is net indien kinders in pleegsorg gesit sal word, is hulle nog slegter af. Suid Afrika se Welsyns dienste laat kinders erg in die steek.

Leah ·

Arme swanger vrou se voet. As mens reeds 2 kinders het en jy en jou aanhangsel is werkloos, besit nie ‘n huis of ‘n motor nie, kry ‘n regdenkende mens nie nog ‘n baba nie.

Wat ·

Wie hardloop weg as jy werk gekry het? Nee wat Bonita jy moet jou kop laat lees!

Cherokee ·

Miskien moet ek jou daaraan herinner dat die werk kon dalk werk beteken het.

Helena. ·

Die wat my gekritiseer het oor my kommentaar..ek sê weer dit was baie onverantwoordelik wat hulle gedoen het..Kaapstad is ver van Secunda af..dis waar die werk vir hom gewag het..hoe dan nou. Ek was ook al baie desperaat maar nooit dom onnosel nie. Swanger vrou en skoolgaande kind..dit rym nie met desperaat nie.

Cherokee ·

Ek het opgelet dat jy hewig gekritiseer is daaroor, en dit terwyl ek met jou saamgestem het (nie kommentaar-gewyse nie maar so in die kop langs).

Foxi ·

Wit armoede steek ooral kopuit! Kindertjies ly daaronder. Maar waarom nog kindertjies hê? Kon die pa nie alleen gekom het vir n onderhoud vir werk nie? En dan is die vrou nog hoogs swanger ook. Kinderstjies nie eens in n skool nie. Watse toekoms het sulke kindertjies? Die welsyn laat jou in die steek, want dis asof hulle nie weet hoe om sulke dinge te hanteer nie. Geen mens of n gesin behoort dwalend te wees nie. Dit maak n mens net hartseer.

Boerin ·

Bly hulle is gevind…en het hulp gekry.
Ek voel die jammerste vir daai kindertjies,die ma maak somtyds die onverantwoordelike keuse om by die man te bly…al ly sy en haar kinders daaronder…draai sy haar kop weg,want sy sien nie n uitkoms nie. Stokes is al ver in sy járe en moes nou al iets bymekasr gehad het,maar ek kyk ook nie verby die feit dat arm blankes dit baie,baie swaar het vandag,maar joe nou is daar n kleine babatjie oppad,dit raak net erger.
Die verantwoordelikheid is nou oneindig vir hierdie ouers wie nie meer jonk is nie.
Mag hulle gehelp word om op hulle voete te kom,en mag Bonita besef sy en haar kinders kry swaar ,ek se altyd,sukkel met joh kinders al ert jy brood en watet.r,maar moet nie sukkel met n man wat nie n wil het nie.

Hans Richardt ·

Lastige mense wie ander as “vermis” aanmeld. Ek wil ook soms net vermis wees, vir rus en vrede.

Koos de Meyer. ·

Weereens die arme kinders wat daar onder lei. Dan nog een op pad. As ‘n oupa maak dit mens hartseer. Wat gaan van die kinders word. My hart bloei vir die kinders.

Anoniem ·

Wie is julle om so klippe te gooi..Is jy sonder sonde. Ag nee man wees bly hulle is gevind en die berig se maatskaplike dienste is in gebring. Nog n ding mens voel om weg te hardloop as dinge te veel raak. Aan daai mamma die feit dat jy jou kinders al die pad saam met jou gehad het se vir my jy is n ma duisend ongeag die omstandighede..Vandag se lewe kan jy jou kinders nerens los nie dis nie veilig nie. Niemand weet wat die plan verandering gebring het nie maar julle wil oordeel. Daar kan ander redes gewees het miskien was hy dalk daar n werk aan gebied en hulle agter beloftes aan is. Gaan op julle kniee en se dankie vir Vader dat Hy sy vlerk van beskerming oor hulle gehou het en dat daar nou hulp is vir hulle. O s dien n God van liefde en genade

jaco ·

Help die ANC-beheerde staatsdiens se maatskaplike dienste dan wit mense ook???

Erwee ·

Aan die leunstoel-beoordeelaars – Wanneer jy ‘n ander man (of vrou) se skoene uittrek, dan is jy eers geregtig om dit wat hulle gedoen het te beoordeel want dan het jy die pad in daardie skoene gestap. Tot dan is gebed en aksie (wat hulp insluit) miskien die gepaste benadering. Gebed vir ander is ook voldoende as aksie nie ‘n moontlikheid is nie.

Chris ·

Ja nee, sad om te sien hoeveel van julle net negatiewe dinge kan se. Dank die Here al 4 is OK. Is daar nie n manier om die mense te help? Hulle sit op straat met niks.

Attie. ·

Almal net te bly dis nie hulle wat op straat sit nie. Was dit dit nie vir die Here se beskerming oor ons nie dan was dit nou dalk ek of jy wat daar met ons gesin gesit het. Ons moet liewer tot die waarheid kom dat elke sent of ding wat ons besit is deur die Vader aan ons geleen. Dit kan nie ons redding koop nie want dit behoort nie aan ons nie.

LD ·

Ek sê steeds dis omstandighede wat hulle gedruk het om die besluite te maak! Maak tog nie saak nie, hulle is veilig gevind en dank Abba Vader daarvoor! Ek bid dat hulle die nodige hulp sal ontvang, hul voete sal vind en ñ gemaklike lewe sal hê!

A Mac ·

Die probleem is dat baie van die mense wat op straat bly en swaar kry nie werklik die moed of die wil het om te verander of selfs te dink aan die toekoms vir hul kinders nie. Maklik om te sê sit die kinders in pleegsorg maar deesdae is dit finansieël baie minder moontlik om dit te doen. En indien dit in jou vermoë is om pleegsorg of vakansiesorg vir kinderhuiskinders te bied is die vereistes so erg dat jy dit nou maar net los. (Ek praat uit eie ondervinding.)

Minette ·

So wat sê jy, SY HAND van beskerming was ni oor hulle ni en dit is hoekom hulle op straat is ??? Nee, die HERE beskerm ons altyd, dit is ons wat slegte besluite neem !!!!!! GOD DANK HULLE IS ALMAL VEILIG !!!!!!!!! Mag daar ñ veilige vriendelike uitkoms vir die kinders wees!!!!!!!

Arizona ·

Stenig my nou maar vir wat ek nou gaan kwyt raak. Ek voel vere vir hulle as ouers. Jou eerste priorireit as ouers moet wees om jou kinders te beskerm ten alle kostes. Enige regdekende mens sou vooruit gaan en eers begin werk voor jy jou kinders saam jou vat en in haaglike omstandighede sit en dan is sy nog hoog swanger ook. Los die kinders by familie voor jy hulle in die verderf sit. Groot mense kan onder n boom slaap, jy sal ok wees. Hoekom jou kinders daar deur sit

madelein ·

Iemand moet die wit nasie bou, en kyk maar is gewoonlik die arm blankes,en meerderheid van hulle vra niemand iets vir daai kinders nie, hou op kritiseer niemand se niks as daar elke dag 1000 ander kleur babas gebore word nie ons lewe in die 20 ste eeu.

bambi ·

Al is jy ver in jou jare en jy erens n terugslag gekry het….dan het jy niks!! Meer en meer mense het NIKS!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.