Vermeende rowers skiet boer in been

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Reint Dykema)

’n 60-jarige boer van Clocolan in die Vrystaat is Woensdagaand omstreeks 18:00 in die bobeen geskiet toe hy twee vermeende rowers by sy huis betrap het.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes was besig om ʼn kluis in die huis oop te breek toe die boer, wie se naam aan Maroela Media bekend is, tuisgekom het.

“Toe hulle besef hulle is uitgevang, het een verdagte ʼn vuurwapen uitgepluk en die slagoffer in die binne-bobeen geskiet voordat hulle van die toneel gevlug het. Die polisie is na die toneel ontbied terwyl die slagoffer in die hospitaal opgeneem is.”

Volgens inligting wat die burgerregte-organisasie AfriForum op sy veiligheidsgroepe ontvang het, het die slagoffer om 18:16 hulp ontbied. Hy was glo in dié stadium reeds in sy bakkie op pad na ’n hospitaal. ʼn Dokter is op bystand geplaas terwyl die boodskap versprei en die polisie ontbied is.

Dhlamini sê die voorlopige ondersoek het onthul dat die kluis oopgedwing is. ʼn Semi-outomatiese vuurwapen, ’n .22-geweer met ʼn teleskoop en ʼn skootrekenaar word vermis.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie versoek enigeen met inligting om speurkonstabel Richard Dlanga by 071 147 7393 te kontak, of die polisie sy die Stop Misdaad-hulplyn by 08 600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

FC ·

So man met hoed, wat nou, ek hoop die polisie se 72uur aksie plan is ook op die boer van toepassing?

Groen-oog ·

72 uur ??? Nee dis n boer wat geskiet is so ENIGE MAN in die wereld het n BETER KANS OM PREGNANT TE RAAK voor daar n 72 uur plan is. . .

Chris dupreez ·

Hierdie plaasmoorde en aanvalle sal alleenlik stop as daar beter polisieëring is en as die aanhitsers met hulle rooi hoofdeksels in die tronk gegooi word.

Jaco ·

So die boer gaan nou seker aangekla word dat hy durf gewaag het om die boewe te konfronteer en nie toegelaat het dat hulle vat wat hulle wil, en dat dit hulle reg is.

N ·

Net so Jaco. Hy gaan seker aangekla word van intimidasie en rassisme ook.

Swerwer ·

Dankie Vader dat hy net in die been getref is, sulke lafhaards wat weg hardloop as hul gekonfronteer word. Wys jou maar net.

Mieke ·

Die rowers het eenvoudig luukraak geskiet – die arme man kon net sowel doodgeskiet wees! Saak van poging tot moord en meer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.