Vermeende veediewe in Noordwes aangekeer

Die polisie het ‘n wenk opgevolg wat tot die inhegtenisnemings gelei het. (Argieffoto: Maroela Media)

Twee vermeende veediewe verskyn na verwagting Maandag in die landdroshof op Groot-Marico nadat hulle die naweek betrap is waar hulle glo van die gesteelde vee verkoop.

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, sê die twee – onderskeidelik 23 en 48 jaar oud – is Vrydag in die vroeë oggendure aangekeer nadat hulle naby Pella in die besit van die gesteelde vee gevind is.

Die polisie het toegeslaan ná ʼn wenk dat die twee glo die diere probeer smous.

Hulle het die polisie ook na ʼn plaas geneem waar 11 Bonsmara-kalwers met ʼn waarde van sowat R90 000 in ʼn kraal gevind is.

“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die kalwers vermoedelik Donderdagaand op ʼn plaas in die Groot-Marico-omgewing gesteel is,” sê Funani.

Die twee staan tereg op ʼn aanklag van veediefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marie ·

Die polisie van Groot Marico doen hulle deel, die probleem is gewoonlik die staatsaanklaer wat mense vry laat agv te min bewyse, of een of ander verskoning. Dit veroorsaak moedeloosheid by almal. Mense meld nie eers meer sake aan nie agv die probleem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.