Video: Die kleingeld-projek in Kaapstad

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die stad Kaapstad wou toets watter effek gratis kleingeld op mense sal hê.

Die video is verfilm as deel van ʼn veldtog deur die stad om mense aan te moedig om “verantwoordelik te gee”. Die doel van die veldtog is om die groot probleem van haweloosheid aan te roer. Die video bewys dat mense langer op straat sal bly indien hulle verniet geld kan kry.

Die stad versoek die publiek dus om eerder geld aan skuilings te skenk. SMS die woord “Give” na 38802 om R10 te skenk. Klik hier om meer oor “Give Responsibly” te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Harrie

Glad nie ten gunste van verantwoordelik gee nie,dit skep ‘n kultuur van bedel. Wat van mens gee aan bedelaars en haweloses ‘n’kaartjie wat vir hulle ‘n’ete, warm stort en slaapplek vir een nag gee? Ipv kleingeld by restaurante en winkels soos pick and pay en shoprite te ontvang,kan kaartjies aan klante gegee word om vir haweloses te gee.Die vloei vd geld terug na die onderskeie welsyns organisasies kan uitgewerk word.

Johan

Ek dink nie ek sal dit waardeer om deur die stad Kaapstad as ‘n eksperiment of enige iets anders gebruik te word nie…

Swanna

Baie goeie idee wat jy daar beet het Harrie. Koop ‘n kaartjie by ‘n instansie wat etes en slaap plek aanbied en gee dit vir ‘n boemelaar. So sal jy verseker dat hulle nie drank en sulke derglike goed gaan koop nie en wel iets ordentliks te ete kry. Maar ek het al uitgevind van hierdie boemies is skatryk deur te staan en bedel en hulle maak so meer geld as ek en jy wat ons amper dood werk om iets te verdien.

EMK

Skenk geld aan die Salvation Army wat SO baie doen vir enige persoon op straat. Hulle gee ook nie net blyplek en hulp aanhoudend nie, hulle moedig die mense darem aan om nou self op die been te kom ook. Ek gee NOOIT meer vir bedelaars by robots ens. Die “ek het kanker, help my” of “5kinders en geen werk” beindruk my lankal nie meer nie. Veral nie as jy hier naby donker sien hoe hulle by drankwinkels inglip nie. Mens KAN jouself ophef, al moet jy karwag word, minstens moet jy ‘n deel van jou geld gee aan die… Lees meer »

Agnes

deur gewers aan bedelaars skep jy meer bedelaars. Die Bybel se in Kor. wie nie wil werk nie sal nie eet nie. Dit is vir my n skande om te sien hoe gesonde jong mense staan te bedel wat beslis wel kon werk kry as hulle belang sou stel. Hull is net eenvoudig te sleg om te werk.